Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black-kaptein lank buite aksie

Sam Cane, kaptein van die All Blacks, sal weens ’n boarmspierbesering vir tot ses maande buite aksie wees.

AUCKLAND, NEW ZEALAND - JULY 26: Sam Cane of the C
Sam Cane sal die res van die Aotearoa-reeks en ’n gedeelte van die All Blacks se seisoen misloop. Foto: Getty Images

Stuff berig die losvoorspeler se Superrugbyspan, die Chiefs, sê in ’n verklaring Cane sal die res van die Aotearoa-seisoen misloop en volgende week ’n operasie ondergaan.

Hy het die besering die afgelope naweek opgedoen in sy span se oorwinning teen die Blues. 

Volgens die Chiefs wys skanderings ’n skeur in Cane se regterboarmspier. Hy sal vir tussen vier en ses maande langs die kantlyn sit en ook ’n gedeelte van die All Blacks se seisoen misloop.

Die Nieu-Seelanders speel gasheer vir Italië (twee toetse) en Fidji (een) in Julie.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Superrugby  |  Aotearoa-Reeks  |  All Blacks  |  Aotearoa  |  Sam Cane  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.