Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black-legende teiken van kuberkraker
Ma’a Nonu het 103 toetse vir die All Blacks gespeel. Foto: Getty Images

Die legendariese All Black-senter Ma’a Nonu het weer eienaarskap geneem van sy Instagram-blad nadat dit vroeër vandeesmaand deur ’n Turkse rekening oorgeneem is.

Al Nonu se foto’s en inskrywings het op 9 Julie van sy blad af verdwyn en sy profielfoto is vervang met ’n selfie van ’n Turkse man.

Die voorval het die Wêreldbekerwenner sowat 5 000 van sy byna 300 000 volgelinge gekos.

’n Skermgreep van die kuberkraker se handewerk.

Hoewel dit ’n tikkie humor aan baie rugbyaanhangers oor die wêreld heen verskaf het, was Nonu in staat om Vrydag ’n nuwe inskrywing te maak om die veilige terugkeer van sy profiel te bevestig, met al sy foto’s en plasings ongeskonde.

Nonu (38), wat 103 toetse oor 12 jaar vir die All Blacks gespeel het, word beskou as een van rugby se beste senters. Hy was egter onsuksesvol in sy poging om Nieu-Seeland vir oulaas in die 2019 Wêreldbekertoernooi te verteenwoordig en het hom vanjaar by die San Diego Legion in Amerika se Major League Rugby-liga aangesluit.

– Sportredaksie


Meer oor:  Ma’A Nonu  |  Mlr  |  Toetsrugby  |  Instagram  |  Kuberkrakers  |  All Blacks  |  Kuberkraker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.