Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black rand glo vrou in kroeg aan

Shannon Frizell, losvoorspeler van die All Blacks en Highlanders, was na bewering betrokke by die aanranding van ’n vrou in ’n kroeg in Dunedin.

Shannon Frizell het 13 toetse vir die All Blacks gespeel. Foto: Getty Images

NZHerald.co.nz berig die voorval het glo Sondag in die vroeë oggendure by die Vault 21-kuierplek gebeur. Dit is ’n gewilde restaurant en kroeg in die Octagon, die middelpunt van die stad se besige naglewe.

Die polisie het bevestig hulle “ondersoek ’n klag van aanranding by ’n kroeg in die Octagon Sondagoggend omstreeks 02:30”.

Beamptes is nie na die voorval ontbied nie en die polisie is eers Sondagmiddag van die aantygings ingelig. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Ons is bewus van ’n beweerde voorval Saterdagaand waarby ’n speler betrokke was. Ons sal ondersoek doen en het geen verdere kommentaar nie,” sê Roger Clark, grootbaas van die Highlanders.

Frizell (27) het sy buiging vir die All Blacks in 2018 gemaak en 13 toetse vir Nieu-Seeland gespeel.

Hy het in April sy kontrak met die Highlanders en Nieu-Seelandse Rugbyunie tot 2023 verleng.

Die Highlanders was nie die afgelope naweek in aksie nie, maar hulle pak die Reds Vrydag in Dunedin in die trans-Tasmaanse Superrugbyreeks.

* Frizell se beweerde voorval is die soveelste waarby 'n Nieu-Seelandse speler betrek word by geweldpleging teen vroue. Zac Guildford is verlede maand ontmasker as die voormalige All Black-rugbyspeler wat gevonnis is omdat hy 'n vrou met die vuis geslaan het. Guildford (32) het ’n onstuimige loopbaan beleef weens alkoholmisbruik en probleme met sy geestesgesondheid. Sy poging om sy naam geheim te hou, het misluk. Hy het ook misluk met sy appèl teen sy vonnis, wat intensiewe toesig van twee jaar behels.

Die All Black-vleuel Sevu Reece het ook 'n paar jaar terug erken dat hy skuldig was aan 'n voorval van huishoudelike geweld, maar hy is nie gevonnis nie. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.