Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black-senter Proctor teken by Saints

Die All Black-senter Matt Proctor is ná vanjaar se Superrugby-reeks vir Nieu-Seelandse rugby verlore.

Matt Proctor in sy enigste toets vir die All Blacks – teen Japan in Tokio verlede jaar. Foto: Getty Images

Dit volg op ’n aankondiging Vrydag deur Premiership Rugby, wat onthul het dat Proctor ’n kontrak met die Northampton Saints gesluit het.

Proctor (26) speel vir die Hurricanes en sy enigste toets was op 3 November verlede jaar teen Japan in Tokio.

Chris Boyd, die afrigter saam met wie Proctor in 2016 by die Hurricanes die Superreeks gewen het, rig die Saints af. Proctor was die buitesenter in die eindstryd, wat die Hurricanes met 20-3 teen die Leeus gewen het.

“Ek koester lank al die ambisie om in die Noordelike Halfrond te speel en Northampton pas my perfek. Ek sal die geleentheid hê om weer onder Chris Boyd te werk. Ek het vir die oorgrote meerderheid van my tyd as ’n beroepspeler onder hom gespeel,” sê Proctor. – Sportredaksie

Meer oor:  Northampton Saints  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.