Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black-senter waai oor kleiner kontrak
Die All Black-senter Ngani Laumape, hier in aksie vir die Hurricanes, sien daarna uit om vir Stade Français in Frankryk te gaan speel. Foto: Getty Images

Die All Black-senter Ngani Laumape sê die feit dat die Nieu-Seeland Rugbyunie (NSR) hom ’n kleiner kontrak aangebied het, het dit vir hom makliker gemaak om te besluit om eerder in Frankryk te gaan speel.

Laumpae sal hom ná die Trans-Tasmaanse reeks vir drie jaar by Stade Français ansluit.

Met Jack Goodhue ook beseer, laat dit die All Blacks met minder opsies in die middelveld.

“Dit was nie moeilik om te besluit toe ek ’n kontrak aangebied is wat my inkomste sou laat verminder het nie,” sê Laumape.

“Toe dit eers duidelik geword het, moes ek die beste besluit vir my gesin neem.”

Laumape (28) sê hy koester geen kwade gevoelens teen die NSR nie, maar gee toe dat die aanbod “taamlik teleurstellend” was.

Ek dink ek bied iets in die middelveld wat geen ander senter in Nieu-Seeland kan nie. Uiteindelik is dit ’n sakebesluit.
Ngani Laumape

“Ek dink ek bied iets in die middelveld wat geen ander senter in Nieu-Seeland kan nie,” sê hy.

“Uiteindelik is dit ’n sakebesluit. Hulle het gedoen wat hulle moes doen en ek moet doen wat die beste vir my familie en my kinders is.”

Omdat daar heelwat goeie senters op die toneel was, het Laumape sedert sy debuut in 2017 maar min kans by die All Blacks gekry.

Hy is ook nie in 2019 vir die All Blacks se Wêreldbeker-groep gekies nie.

Jack Goodhue

Met Goodhue nou beseer, kon hy dalk ’n groter rol in die All Black-afrigter, Ian Foster, se planne gespeel het.

Volgens Laumape dink hy nog nie juis aan wat hy gaan doen wanneer sy kontrak met Stade Français verstryk het nie.

“Ek gaan daarheen en al waaraan ek dink is om my loopbaan oorsee af te sluit en te geniet wat aan my en my gesin gebied word,” sê hy.

“Ek wil net weer my rugby geniet.” – Reuters

Meer oor:  Jack Goodhue  |  Nieu-Seeland  |  Frankryk  |  Kontrak  |  All Black  |  Senter  |  Stade Français  |  Rugby  |  Trans-Tasmaanse Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.