Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black speel dalk vir Tonga danksy...

Die voormalige All Black-losvoorspeler Charles Piutau is bestem om vanjaar vir Tonga te speel en sodoende ’n rugbydroom van hom te verwesenlik.

Hy het sowat vier jaar gelede onthul hy wil graag vir dié eilandspan uitdraf.

Charles Piutau onlangs op die aanval vir Bristol in die Engelse Premierliga. Foto: Getty Images

Piutau kan in Junie al vir Tonga in ’n Olimpiese kwalifiserende toernooi in Monaco speel.

Spelers wat vir twee lande kwalifiseer en reeds een van dié lande verteenwoordig het (hetsy in die vyftienman- of seweskode), kan nou vir die ander land in aanmerking kom deur middel van ’n skuiwergat weens sewesrugby se betrokkenheid by die Olimpiese Spele.

Botsende regulasies van Wêreldrugby en die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) laat spelers toe om hul “tweede land” te verteenwoordig, mits hulle ’n paspoort vir daardie land het en ’n internasionale afwesigheid van drie jaar gehandhaaf het.

Ná dié tydperk moet die speler deelneem aan ’n Olimpiese gebeurtenis om vir sy nuwe land op álle vlakke te kwalifiseer.

Piutau het die laaste van sy 17 toetse vir die All Blacks in 2015 gespeel voordat hy vir verskeie Europese klubs in die Engelse Premierliga en Pro14-reeks uitgedraf het.

Dié voormalige Tongaanse o.20-speler sal vir die span verkiesbaar wees, gegewe dat hy vir die afgelope ses jaar nie toetsrugby gespeel het nie.

Die toernooi in Monaco sal Tonga se laaste kans wees om vir die Olimpiese Spele in Tokio te kwalifiseer.

Tonga se sewesbreier, Tevita Tu’ifua, het aan RNZ gesê met dié dat daar tot 2023 nie ander Olimpiese kwalifiserende toernooie is nie, is die een in Monaco ’n laaste kans vir “voormalige All Blacks en Wallabies om vir Tonga in aanmerking te kom”.

Piutau sal nie die eerste speler wees wat die skuiwergat gebruik nie.

Die voormalige Wallaby-vleuel Cooper Vuna, die oud-sewesblits van die Aussies Atieli Pakalani en Nafi Tuitavake, wat vir die All Blacks se sewesspan gespeel het, het almal later vir Tonga diens gedoen. – Rugbypass; Sportredaksie

Meer oor:  Tonga  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.