Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black-ster wil skuif na rugbyliga maak

Die All Black-skrumskakel TJ Perenara oorweeg glo ’n dramatiese skuif na rugbyliga in die Australiese NRL ná die Japanse Topliga-seisoen.

Die All Black-skrumskakel TJ Perenara oorweeg dit glo om sy loopbaan in rugbyliga voort te sit. Foto: Getty Images

Perenara, wie se kontrak met die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) aan die einde van die jaar verstryk, speel tans vir die NTT Docomo Red Hurricanes.

Sy sabbatsverlof eindig wanneer die seisoen in Mei voltooi word en hy sou na verwagting later vanjaar weer in die All Black-prentjie wees. Maar rugby365 berig Perenara (29), wat 69 toetse vir Nieu-Seeland gespeel het, se kop staan Australië se kant toe, waar hy hom by Sonny Bill Williams se voormalige NRL-klub die Sydney Roosters kan aansluit.

Die All Black-legende John Kirwan het juis vroeër vandeesweek ’n beroep op die NZR gedoen om nie Perenara se kontrak te hernu nie.

Die Roosters was glo in verbinding met Perenara se agent, Warren Alcock.

“Ons voer tans gesprekke met die NZR en ander partye wat ons genader het,” sê Alcock.

Die Roosters beplan om Perenara as ’n haker in te span. – Sportredaksie

Meer oor:  Nrl  |  Toetsrugby  |  All Blacks  |  Rugbyliga  |  Tj Perenara
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.