Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black-stryd teen Kangaroos dalk van baan

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) werk nie meer “aktief” aan die voorstel van ’n vertoonstryd tussen die All Blacks en die rugbyliga-wêreldkampioen, die Kangaroos, nie.

Mark Robinson, Nieu-Seeland se rugbybaas. Foto: Getty Images

Mark Robinson, NZR se uitvoerende hoof, sê hulle wag nog vir terugvoer uit Australië.

Die Kiwi’s is desperaat vir bykomende inkomste nadat die Covid-19-pandemie sy geldsake vanjaar erg geraak het.

NZR het in Junie gesê hy sal die voorstel ondersoek en oorweeg.

Dié idee het die Australiese media egter grotendeels koud gelaat en die Nasionale Rugbyliga (NRL) is gekritiseer omdat hy met die foefie vorendag gekom het.

“Ons werk nie aktief hieraan nie. Die bal is heeltemal in die NRL se hande,” het Robinson Donderdag op ’n aanlyn nuuskonferensie gesê.

“Hulle mag dalk koue voete gekry het, maar ons is nie daaroor bekommerd nie.”

NZR het in April ook die toekoms van die spel in heroënskou geneem en ’n konsepverslag wat sedertdien op die lappe gekom het, het ’n debat ontketen oor die toekoms van Superrugby en die beheerliggaam Sanzaar.

Daar word bespiegel dat Nieu-Seelandse rugbybase verdeeld is oor die plan van ’n trans-Tasmaanse kompetisie (tussen spanne van Nieu-Seeland en Australië), wat die Superreeks kan vervang.

“Die verslag word eers volgende week aan die raad voorgelê. Om te sê daar is tweespalt oor iets wat nog nie eens bespreek is nie, is nonsens,” sê Robinson.

Hy het verseker NZR is ten volle verbind tot die Sanzaar-vennootskap tussen Nieu-Seeland, Australië, Suid-Afrika en Argentinië.

Sanzaar oorweeg verskeie moontlikhede om vanjaar se Rugbykampioenskap moontlik te maak, insluitende ’n “borrel” in Australië of Nieu-Seeland.

“Ons is heeltemal bereid om die gasheer te wees, maar ek moet benadruk dat daar nog baie moet gebeur en dat dit alles sal afhang van die regering se goedkeuring.

“Daar is nog baie water wat in die see moet loop, maar ons sal graag aan die toernooi wil deelneem later vanjaar, sou dit moontlik wees.” – Reuters

Meer oor:  All Blacks  |  Rugbyliga  |  Nieu-Seeland Rugbyunie  |  Sanzaar  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.