Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Franks nog maand lank op kantlyn
Owen Franks sal eers weer oor ’n paar weke sy teenstanders in die vaste skrum kan laat kreun. Foto: Getty Images

Die All Black-stut Owen Franks sal weens ’n skouerbesering minstens nog vier weke langs die kantlyn wees.

Die 31-jarige voorryman sal darem nie ’n operasie hoef te ondergaan nie en kan in die Crusaders se laaste paar wedstryde in die Superreeks speel.

Franks, wat al sedert 2009 een van die All Blacks se staatmakers is, is op 6 April in die Crusaders se wedstryd teen die Brumbies beseer.

Die ervare vaskopstut het sy skouer in die wedstryd seergemaak en het regop gekom net nadat die twee agttalle vir ’n vaste skrum gesak het en daarna kantlyn toe gestap.

Scott Robertson, die Crusaders se afrigter, het verlede week gesê dat daar ’n tweede skandering van Franks se beseerde skouer geneem moet word.

Dit het nogal heelwat reaksie by All Black-ondersteuners, wat bekommerd was oor Franks se beskikbaarheid vir die komende Wêreldbekertoernooi, uitgelok.

Franks het reeds in 106 toetse vir die All Blacks gespeel en was in 2011 en 2015 in die spanne wat die Wêreldbeker gewen het.

Sedert Franks twee jaar gelede ’n haksening-operasie ondergaan het, het die All Blacks egter wel in Nepo Laulala ’n waardige plaasvervanger gevind.

Ofa Tuungafasi het darem ook al 26 keer vir die Nieu-Seelanders in die voorry gesak en dan is daar ook nog Tyrel Lomax, wat vanjaar goeie rugby speel.

Twee ander top- Nieu-Seelandse spelers, die flank Liam Squire en die vleuel Waisake Naholo, sal binne die volgende twee weke hul terugkeer tot die speelveld maak nadat hulle met beserings gesukkel het. – Reuters

Meer oor:  Owen Franks  |  Nieu-Seeland  |  Rugby  |  Wereldbeker  |  All Blacks  |  Stut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.