Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks gaan Laeveld toe in September

Wen het swaarder as rand en sent geweeg toe Rassie Erasmus sy aanbevelings gemaak het oor waar hy wil hê die Springbokke hul Rugbykampioenskap-tuistoetse vanjaar moet speel.

Daarom is daar ’n uitstekende kans dat die Springbokke op 26 September teen die All Blacks in Mbombela (Nelspruit) se Mbombela-stadion sal speel, met ’n kapasiteit van 40 929, eerder as om in ’n stadion soos Ellispark te speel wat 62 567 toeskouers sitplek bied.

Rassie Erasmus. Foto: Getty Images

Uit ’n oogpunt van kaartjieverkope is die grootste skare wat Mbombela tot dusver vir ’n Bok-toets kon lok 30 018, teenoor die 51 762 toeskouers wat byvoorbeeld in 2018 op Loftus Vers­feld was toe die All Blacks ’n oorwinning van 32-30 oor Suid-Afrika behaal het.

Dit sou om kommersiële redes meer sin maak as die Bokke die All Blacks in ’n stadion soos Loftus of Ellispark pak.

Suid-Afrika het egter ’n 100%-wenrekord in die Mbombela-stadion met oorwinnings oor Skotland (2013, 30-17), Wallis (2014, 31-30) en Argentinië (2016, 30-23).

Ellispark en Loftus Versfeld sal wel Rugbykampioenskap-toetse huisves as SA Rugby se huidige beplanning nie gewysig word nie.

Die Wallabies sal die sielkundige struikelblok van ’n 0%-wenrekord op Loftus Versfeld moet oorkom as Dave Rennie se span op 19 September ’n geskiedkundige eerste oorwinning oor die Bokke in Pretoria wil behaal.

Suid-Afrika en die Aussies sal ’n agtste keer op Loftus slaags wees.

Ellispark kan op 8 Augustus gasheer vir Argentinië speel wat in 1994 26-46 en in 2008 9-63 deur die Bokke in Johannesburg afgestof is.

Die Bokke kan egter op 4 Julie in die Kaap teen Skotland die eerste keer as wêreldkampioen in aksie wees.

Die toets kan op Nuweland plaasvind nadat daar sterk aanduidings was dat 2018 s’n teen Engeland die laaste in die geskiedkundige stadion was.

Die Skotte kan daarna op 11 Julie in Durban teen die Bokke te staan kom, terwyl Suid-Afrika se kragmeting met Georgië op 18 Julie in Port Elizabeth kan plaasvind.

SA Rugby sal die bepalings waarskynlik eers volgende Maandag aankondig omdat hy nog kontrakte met van die toetsstede moet finaliseer.

* Intussen is SA Rugby in gevorderde gesprekke met Daan Human om deel van Jacques Nienaber se Springbok-afrigtingspan te word.

Bevestiging van Nienaber se aanstelling as hoofafrigter en Deon Davids s’n as een van die hulpafrigters sal eers deur SA Rugby gegee word as Human se kontrak gefinaliseer is.

Erasmus maak volgens Rapport se inligting goeie vordering met die onderhandelinge met die Bulle oor Human se beskikbaarheid.

Human sal Nienaber se skrumkonsultant wees en steeds by die Bulle betrokke bly.

Meer oor:  Rassie Erasmus  |  Aanbevelings  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.