Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks hul hoofborg AIG kwyt
Nieu-Seeland Rugby glo hy het oorgenoeg tyd om ’n nuwe borg te bekom. Foto: Getty Images

Die All Blacks en sy hoofborg, die Amerikaanse versekeringsreus AIG, se paadjies gaan einde 2021 skei.

Die aankondiging volg drie maande nadat die span teleurgestel het in die 2019 Wêreldbekertoernooi in Japan.

Maar die Nieu-Seelanders is nie in sak en as oor die verwikkeling nie en glo dit bied hulle oorgenoeg tyd om voor te berei vir die toekoms.

Stuff berig Mark Robinson, grootbaas van Nieu-Seeland Rugby (NZR), sê AIG het vroeg kennis gegee dat die multi-miljoen-dollar-ooreenkoms tot ’n einde kom. AIG was sedert 2012 die borg.

“Langdurige kommersiële vennootskappe soos dié is ongewoon en die tydsberekening van die besluit beteken NZR is baie goed geplaas om nuwe borge te lok,” sê Robinson.

AIG verskaf in ’n kort verklaring geen rede vir die beëindiging van die ooreenkoms nie, maar bedank NZR en die spelers “wat hul deurlopend verbind het tot uitmuntendheid op en van die veld, ’n hupstoot vir albei partye, en inspirasie vir rugbyaanhangers oor die wêreld heen”.

Die AIG-borgskap het nie net die All Blacks en die vroue se Black Ferns gebaat nie, maar ook die land se mans- en vroue-sewesspanne, die Maori All Blacks en Nieu-Seeland se o.20-span.

Omgewingsaktiviste het in Oktober ’n petisie met 35 000 handtekeninge aan die NZR oorhandig en aangedring die beheerliggaam skrap sy vennootskap met AIG weens sy sake met die omstrede Adani Carmichael-steenkoolmyn in Australië.

– Sportredaksie

Meer oor:  All  |  Toetsrugby  |  Aig  |  Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.