Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks laat Campo sy woorde sluk

Die voormalige Australiese vleuel David Campese moes sy woorde sluk nadat die All Blacks die Wallabies Saterdag in Auckland met 27-7 afgeslag het.

Rieko Ioane verloor die bal terwyl hy oor die doellyn druk om ’n drie in die eerste toets teen die Wallabies in Wellington te druk. Foto: Getty Images

Die vorige week, nadat die spanne in Wellington met 16-16 gelykop gespeel het, het Campese gesê die All Blacks is ver benede hul geskiedkundige hoë standaarde.

“Ja, ek sluk tans my woorde. Ek wil net weer die All Blacks gelukwens,” het Campese in ’n video op Instagram gesê.

“Nog ’n skitterende oorwinning. Dis altyd lekker om die teenstanders voor ’n wedstryd op te wen. Ongelukkig het die Wallabies dit nie gemaak nie. Ek dink die wedstryd het gewys dat die All Blacks baie goed speel wanneer hulle onder druk is.

“Dit was ’n goeie spanpoging en dit was ook belangrik dat hulle honger was. Dit het gelyk asof die Wallabies gedink het hulle kon net dieselfde doen as wat hulle die vorige week gedoen het.

David Campese bly maar iemand wat soms uit sy beurt uit praat. Foto: Getty Images

“Maar dis ’n baie jong span. Ons kort meer leiers op die veld en ons moet besef dat ons nie kan wen sonder die bal nie.

“Nogmaals geluk. En dankie aan al daardie All Black-ondersteuners wat die lewe vir my sedertdien ’n hel gemaak het. Maar dis die lewe. Ek sal oorleef. Ek kan dit vat.”

Laas Dinsdag het Campese op Newstalk ZB na Rieko Ioane se verspeelde drie verwys as ’n teken dat daar krake in die All Blacks se mondering begin wys.

Ioane het die bal verloor toe hy oor die doellyn geduik het om ’n drie te druk.

Volgens Campese sou so iets nooit in die verlede gebeur het nie.

“Dis net nie iets wat die All Blacks doen nie. Ek weet dis ’n ander era, ek weet ek is oud, maar dit het die gang van die wedstryd geswaai en die Wallabies toegelaat om weer in die prentjie te wees, daardie een foutjie,” het Campese gesê.

Volgens Campese was Ioane se fout net een van verskeie dinge wat gewys het dat die huidige All Blacks nie in dieselfde klas as vorige jare se spanne is nie.

Nou sing hy natuurlik ’n ander deuntjie. – New Zealand Herald

Meer oor:  David Campese  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.