Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks: Ons het die Bokke nodig

Die All Black-afrigter, Ian Foster, is sterk gekant teen die idee dat Suid-Afrika in die toekoms sy Sanzaar-vennootskap beëindig om by die Sesnasies-reeks in die Noordelike Halfrond ingelyf te word.

Dít is in reaksie op die opspraakwekkende berig in die Daily Mail oor die naweek waarin daar beweer word dat gesprekke agter die skerms gevoer word om die Bokke teen 2024 by ’n nuwe Sewenasies-reeks te voeg.

Die Springbokke en All Blacks was verlede jaar in Jokohama, in hul Wêreldbeker-groepwedstryd, die 99ste keer teen mekaar in aksie. Foto: Getty Images

Die organiseerders van die Sesnasies-reeks het egter vinnig daarop gereageer en gesê daar word geen sulke gesprekke beplan nie.

Mark Robinson, uitvoerende hoof van die Nieu-Seelandse Rugbyunie, het ook daarop gewys dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) tot 2025 TV-ooreenkomste met Sanzaar bevestig het.

Foster, wat Steve Hansen as breier van die All Blacks vervang het ná die Wêreldbeker-toernooi, sê dit sal ’n “bespotting” van rugby maak as die tweestryd tussen die Bokke en die All Blacks op dié wyse verlore raak.

“Ek was aanvanklik verlig om te sien die storie is in ’n Engelse koerant geskryf, want ek glo nie die meeste van dít wat daar geskryf word nie.

As jy die politiek uithaal, kan ek nie dink hoe ’n All Black-jaar sal wees sonder om teen Suid-Afrika te speel nie.
Ian Foster

“Daar is egter al ’n geruime tyd ’n rokie hieroor en die realiteit is dat ons raad moet toesien dat hy ’n sterk vennootskap met Suid-Afrikaanse rugby het.

“As jy die politiek uithaal, kan ek nie dink hoe ’n All Black-jaar sal wees sonder om teen Suid-Afrika te speel nie.

“Hulle is tradisioneel ons grootste teenstander. Ons het hulle in ons kompetisie nodig. Hulle is fantastiese mense en dit is ’n fantastiese land.”

Ian Foster, nuwe afrigter van die All Blacks. Foto: Getty Images

Foster benadruk dit is van groot belang dat Suid-Afrikaanse rugby hom tot Sanzaar verbind.

“Die een ding waaraan ons niks kan doen nie, is die ekonomie daar.

“Ek weet nie of Suid-Afrika regtig noord wil gaan nie, maar daar is ander druk op hul spel.

“Enige besoek daar in ’n All Black-trui is spesiaal, bloot vir die respek wat ons vir hulle het. Dit moet so bly,” sê Foster.

* Die Springbokke en All Blacks sal vanjaar op 5 September in Auckland die 100ste keer in ’n toets kragte meet.

Die eerste toets tussen dié ou vyande was in 1921 in Dunedin.

Sedert die begin van die beroepsera in 1996 het Suid-Afrika en Nieu-Seeland elke jaar minstens twee keer kragte gemeet.

– TeamTalk en Sportredaksie

Meer oor:  Ian Foster  |  Sanzaar  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.