Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks ontbied groentjie-slot

Een Crusaders-slot sonder toetservaring het ’n ander Crusaders-toetsgroentjie in die All Blacks se groep vir die eerste Bledisloebeker-toets teen Australië vervang.

Die Crusaders-slot Mitchell Dunshea is na die All Black-kamp ontbied en sal moontlik volgende week sy toetsdebuut teen die Wallabies maak. Foto: Getty Images

Mitchell Dunshea is na die Nieu-Seelanders se kamp ontbied nadat Quinten Strange ’n enkelbesering opgedoen het.

Strange, nes Dunshea ’n voormalige junior All Black, het ’n enkelbesering opgedoen en sal na verwagting vir agt weke op die kantlyn wees.

Die All Blacks sal ook sonder die dienste van die Crusaders-senter Braydon Enner wees. Hy het ’n kniebesering opgedoen.

Ian Foster, die All Blacks se afrigter, het darem die afgelope week ook ’n bietjie goeie nuus aan die beseringsfront gehad. Die kragtige senter Ngani Laumape (gebreekte arm) en die ervare slot Scott Barrett (voet-operasie) het van hul onderskeie beserings herstel en oefen weer voluit saam met die All Blacks.

Die eerste Bledisloebeker-toets teen die Wallabies word op 11 Oktober in Wellington beslis. – Reuters

Meer oor:  Crusaders  |  Mitchell Dunshea  |  All Blacks  |  Quinten Strange
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.