Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks se Barrett vir 3 weke geskors
Scott Barrett, slot van die All Blacks, is kort voor rustyd weens ’n hoogvat op Michael Hooper, kaptein en flank van die Wallabies, afgestuur. Foto: Getty Images

Die All Black-slot Scott Barrett sal Saterdag se beslissende Bledisloebeker-kragmeting teen Australië misloop nadat hy vir drie weke geskors is vir ’n skouerloop verlede naweek in die Kiwi’s se nederlaag teen die Wallabies.

Barrett het ’n rooikaart ontvang vir ’n gevaarlike duikslag op Michael Hooper laat in die eerste helfte van die All Blacks se nederlaag met 26-47 in Perth en kon hom tot ses weke langs die kantlyn bevind het.

Maar Stuff berig die regterlike kommissie van Sanzaar, die beheerliggaam van die Rugbykampioenskap, het sy straf versag weens Barrett se vroeë skulderkenning, berou en uitstekende dissiplinêre rekord.

“Barrett is geskors van alle vorme van die spel tot en met en insluitende Sondag, 1 September,” sê Sanzaar in ’n verklaring.

Hoewel die skorsing beteken dat Barrett die tweede en beslissende Bledisloebeker-toets Saterdag in Auckland sal misloop, is hy beskikbaar vir die All Blacks se laaste opwarmingswedstryd voor die Wêreldbekertoernooi teen Tonga in Hamilton op 7 September.

Die Wallabies het die All Blacks flenters in Perth gespeel en ses drieë gedruk in hul rekord-sege. Barrett se rooikaart het die besoekers se voorspelers wat reeds tweede viool gespeel het, nog ’n entjie verder oor die afgrond gestoot.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Scott Barrett  |  Bledisloebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.