Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks se bielie-senters reg vir Bokke

Die All Blacks se afrigter, Steve Hansen, krap kop oor sy senterkombinasie nadat Sonny Bill Williams en Ryan Crotty fiks verklaar is vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die Springbokke in Wellington.

Lag Ryan Crotty (links) en Sonny Bill Williams vir die Springbokke? Foto: Getty Images

Williams het die Kiwi’s se eerste drie wedstryde in die reeks met ’n skouerbesering misgeloop, terwyl Crotty sy harsingskudding afgeskud het.

Selfs met Ngani Laumape beseer, het Williams egter nie ’n vrypas na die All Blacks se beginspan nie, want Anton Lienert-Brown was ’n waardige plaasvervanger in die afgelope naweek se sege van 46-24 oor Argentinië.

“Sonny het gister (Maandag) ’n skandering ondergaan en is gereed om te speel. Hy het vanoggend se oefensessie misgeloop omdat hy siek is, maar is gereed,” sê die All Black-hulpafrigter Ian Foster.

Crotty word alom as die voorste buitesenter ter wêreld gereken, maar Jack Goodhue toon baie belofte in die nr. 13-trui en dit kan vir Hansen dalk ’n oorweging wees om van sy jonger spelers teen die Bokke in te span.

Die baljagter-flank Sam Cane is ook weer fiks nadat hy weens harsingskudding vir ’n week buite aksie was.

Gelukkig vir die Bokke gaan die slot Brodie Retallick vir nagenoeg ses weke buite aksie wees met ’n skouerbesering, wat beteken hy sal ook nie fiks wees vir 6 Oktober se toets teen die All Blacks op Loftus nie.

Die haker Dane Coles, wat nog die ganse seisoen buite aksie was met ’n ernstige kniebesering, lyk egter of hy reg sal wees vir Nieu-Seeland se toer na Argentinië en Suid-Afrika.

Nieu-Seeland is nou in 15 wedstryde agtereenvolgens in die Rugbykampioenskap onoorwonne en is ’n sterk gunsteling om in Wellington met die Bokke af te reken.

“Ons ingesteldheid is om voor te berei vir teenstanders wat op hul beste gaan wees. Ons weet die Bokke is ’n goeie span. Hulle het in Junie ’n reekssege van 2-1 oor ’n baie goeie Engelse span behaal.” 

– Reuters en Stephen Nell

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.