Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks se ‘insinking’ flous Rassie nie

Rassie Erasmus gaan nie in die slaggat trap om te dink die All Blacks is op ’n afwaartse kurwe nie.

“Daar bestaan nie so iets soos ’n All Black-span wat deur ’n helse dip gaan nie,” het Erasmus Maandag gesê.

Die All Black-flank Sam Cane en sy spanmaats tydens ’n gimnasiumsessie Maandag, ter voorbereiding vir die naweek se Bledisloetoets teen Australië. Foto: Getty Images

“Hulle beplan baie slim vir die Wêreldbeker-toernooi en werk met ’n plan. Ja, ek was bietjie verbaas hoe hulle teen die Wallabies verloor het.

“Hulle het egter vroeër in die reeks proefnemings gedoen teen Argentinië en was baie gelukkig om daardie toets te wen, maar dit was deel van hul proses om dinge goed uit te kyk en sekere spelers op die proef te stel,” sê hy.

“Die nederlaag teen die Wallabies die afgelope naweek kan ’n terugslag vir hulle wees, maar ek glo vir geen oomblik hulle is besig om die kluts kwyt te raak nie. Hulle is steeds ’n gevaarlike span.

“Die All Blacks is steeds die wêreldkampioen en daarteen kan nie gestry word nie. Die span is net té goed om nou afgeskryf te word. Dit sal ’n groot fout wees om dit te doen.

“Hulle is ’n trotse rugbynasie. Ek gaan beslis nie om die bos gelei word deur hierdie insinking nie,” het Erasmus gesê.

Die Springbokke wat die Rugbykampioenskapsreeks verower het om hul eerste trofee in ’n dekade te wen, is by die hotel waar die media-konferensie in die lughawe-kompleks gehou is, baie entoesiasties met sang en dans deur die personeel verwelkom.

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.