Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks trek neus op vir Olimpiese sewes
Die vleuel Sevu Reece tel glo onder die All Blacks wat nee gesê het vir ’n kans op ’n Olimpiese medalje. Foto: Getty Images

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NSRU) het Donderdag gesê geen huidige All Black-spelers sal hul land in die sewestoernooi by volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio verteenwoordig nie.

Die spoedvrate Rieko Ioane, Sevu Reece en George Bridge tel glo onder die All Blacks wat nee gesê het vir ’n kans op ’n medalje.

Stuff berig die sewesspan se afrigter, Clark Laidlaw, het vroeër vanjaar toestemming gekry om een speler van elk van Nieu-Seeland se vyf Superrugbyspanne te betrek.

Laidlaw het vier groentjies, almal met ervaring van sewesrugby, in die vorm van Caleb Clarke (Blues), Etene Nanai-Seturo (Chiefs), Salesi Rayasi (Hurricanes) en Scott Gregory (Highlanders) gekies.

“Ons het nou saamgewerk met al die Superspanne om te verseker ons ondersteun al daardie spelers wat werklik graag deel wil wees van die Spele,” sê die NSRU se Mike Anthony.

Laidlaw het in Mei gesê hy het verskeie All Blacks geïdentifiseer wat die potensiaal het om sewes te speel, maar dat hy sou wag en sien of hul sou belangstel.

Sy voorganger, Gordon Tietjens, se keurproses vir die Spele in Rio in 2016 was ’n gemors toe hy nie daarin geslaag het om All Black-sterre soos Beauden Barrett, Ardie Savea, Aaron Cruden en Ben Smith vir sy groep te betrek nie.

Kiwi-rugby was geskok toe die span nie ’n medalje in Rio kon wen nie en Tietjens bedank het, met bewerings dat die NSRU sy toegang tot topspelers verhoed het.

Die stersenter Sonny Bill Williams het wel na Brasilië saamgereis, maar sy Achillestendon geskeur in Nieu-Seeland se nederlaag in sy eerste wedstryd teen Japan.

Die All Blacks se veldtog om ’n derde agtereenvolgende Wêreldbekertitel begin oor ’n maand in Japan. ’n Gros senior spelers gaan na verwagting ná die toernooi uittree en die All Black-bestuur wil die ontwrigting aan die oorblywende spelerskorps volgende jaar beperk.

– Sportredaksie

Meer oor:  Sewesrugby  |  Olimpiese Spele  |  Toetsrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.