Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks klop Kaapse Skiereiland
Varsity Skild-aksie! Lucian Jones, heelagter van die Madibaz, op die aanval Vrydagaand in Port Elizabeth teen die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Michael Sheehan

Die rugbyspan van die Walter Sisulu-Universiteit, die All Blacks, het Vrydagaand in Kaapstad vir ’n verrassing gesorg deur die verdedigende kampioen, die Kaapse Skiereiland, in die eerste ronde van die Varsityskild-reeks te trap.

Die All Blacks was met 22-12 baas nadat hulle met die rustyd met 3-0 voorgeloop het.

Hoewel die wenspan vroeg in die tweede helfte twee spelers met geelkaarte verloor het, het hulle die wedstryd na hul kant toe geswaai toe hul losskakel, Lwandile Mapuko, ’n onderskepdrie gedruk het.

In Port Elizabeth het die Madibaz vyf drieë in hul oorwinning van 26-5 oor die Universiteit van KwaZulu-Natal gedruk.

Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie was in Makhanda met 7-3 baas teen Rhodes.

Puntemakers:

All Blacks: Drieë: Lwandile Mapuko, Anathi Senxhani, Siphosihle Magawu. Doelskoppe: Litha Nkula (2). Strafdoele: Nkula (2). Kaapse Skiereiland: Drieë: Mueez Damon, Tauriq Gamieldien. Doelskop: Feghon-Leigh Snyders.

Madibaz: Drieë: Chadwyn November, Charles Radebe, Dundre Maritz, Duan du Plessis. Doelskoppe: Jordan Koekemoer (3). KwaZulu-Natal: Drie: Sibonakaliso Dubazana.

TUT: Drie: Mauritz Maritz. Doelskop: Maritz. Rhodes: Strafdoel: Sandile Mantantana.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Varsityskild
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.