Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Salarisse: All Blacks ‘weet wat kom’

Die All Black-ster Beauden Barrett het Sondag bevestig salarisverlagings is weens die koronavirus op die horison vir Nieu-Seelandse rugbyspelers.

Die All Black-losskakel Beauden Barrett oefen Vrydag op sy eie in Auckland. Foto: Getty Images

Dit is in pas met die salarisse van sportsterre wat regoor die wêreld besnoei word midde-in die Covid-19-pandemie.

Barrett het gesê dit is nog onseker wat die omvang gaan wees.

Ian Foster, hoofafrigter van die All Blacks, het Saterdag gesê hy en sy mede-afrigters het dié opoffering gemaak en het aangedui dat die spelers volgende is.

Dit kom nadat Mark Robinson, uitvoerende hoof van Nieu-Seeland Rugby, verlede week gewaarsku het dié sport is in ’n stryd om te oorleef.

Foster het aan Newstalk ZB gesê hulle besef dit is elke individu se verantwoordelikheid in dié krisistyd.

“Ons afrigtersgroep het beslis tot ’n verlaging ingestem. “Dit is reeds so ooreengekom. Wanneer daar geen rugby is nie, is daar geen inkomste nie en dit is ’n moeilike situasie.”

Foster het gesê dit is onafwendbaar dat dit ook op die spelers ’n impak sal hê.

“Ek het reeds met verskeie senior spelers gesels. Hulle is bewus van dit wat kom en hul is gewillig om die opoffering te maak.

“Dit is ’n ander proses vir die spelers, maar hulle is meer as bereid om dit te doen.

“Daar is nie een speler wat nie weet hoe die situasie daar uitsien of wat dit nie wil aanvaar nie.

“Dit sal in die volgende paar dae gefinaliseer word,” het Foster gesê.

Barrett, wat nog nie vir die Blues gespeel het toe die Superreeks vroeër die maand deur die virus onderbreek is nie, sê dit is nog te vroeg om te weet wat die impak sal wees.

“Wanneer die tyd kom en ons al die syfers byderhand het, sal ons kan aandui wat die salarisverlaging is. Ek glo dit is belangrik om deursigtig te wees,” het Barrett gesê. – stuff.co.nz, nzherald.co.nz

Meer oor:  Koronavirus  |  Beauden Barrett  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.