Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks wen gróót, maar Wallis tops

Wallis se rugbyspan sal môre die eerste keer amptelik die voorste plek op Wêreldrugby se ranglys beklee, ondanks die All Blacks se wegholoorwinning van 36-0 oor die Wallabies in die tweede Bledisloe-toets gister in Auckland.

Vat so! Die All Blacks-skrumskakel, Aaron Smith, druk sy drie.

Wallis het Engeland in Cardiff met 13-6 in ’n Wêreldbeker-opwarmtoets geklop en die Nieu-Seelanders uit die eerste plek gedruk.

Wallis sal die eerste keer sedert 2003, toe die ranglys ingestel is, die voorste posisie beklee. Dit bring ook ’n einde aan die oorheersing van die All Blacks, wat sedert 2009 tien jaar lank in die voorste plek was.

“Dit was taai en ons het ontsettend baie karakter gewys. Ander spanne sal ons die een of ander tyd klop, maar as jy ons wil klop, sal jy baie goed moet speel,” het Wallis se afrigter, Warren Gatland, aan Channel 4 gesê.

Wallis se groot held was sy losskakel, Dan Biggar, wat die beseerde Gareth Anscombe se skoene baie goed volgestaan het.

Wallis was rustyd met 10-0 voor. Dit was die eerste keer in 88 wedstryde dat Engeland nie punte in die eerste helfte kon aanteken nie.

Punte:

Wallis 13 (10): Drie: George North. Doelskop: Dan Biggar. Strafdoele: Biggar, Leigh Halfpenny.

Engeland 6 (0). Strafdoele: George Ford (2), George North. Doelskop: Dan Biggar. Strafdoele: Biggar, Leigh Halfpenny. Engeland 6 (0). Strafdoele: George Ford (2).

’n Week is ’n lang tyd, Reece

Reece Hodge ná sy drie teen die All Blacks verlede week.
Hodge gister nadat die All Blacks die Wallaby-tjank afgetrap het.

Die All Blacks het die Wallabies met ’n groot slag terug aarde toe gebring en weer laat besef dit is anders om teen 15 All Blacks te speel as teen 14.

Die All Blacks het die Wallabies met 36-0 op Edenpark getrap en die Bledisloe-beker behou.

Verlede week was die Austra­liërs in Perth met 47-27 teen die Nieu-Seelanders baas in ’n toets in die Rugby-kampioenskapsreeks.

Toe was die All Blacks vir langer as ’n helfte minus die slot Scott Barrett, wat weens ’n gevaarlike skouerloop met ’n rooikaart afgestuur is.

“Sewe dae is ’n lang tyd in sport. Hulle (die All Blacks) het dié week baie hard gewerk en almal het hul werk gedoen,” het die All Black-afrigter, Steve Hansen, gesê.

“Ons het verlede week erg deurgeloop en geen All Black-span hou daarvan nie – dié een beslis nie,” het Hansen gesê.

Die Wallaby-afrigter, Michael Cheika, wou nie toegee dat sy span se WB-kanse geknou is nie.

“Daar is vanselfsprekend groot teleurstelling tuis, want almal was opgepomp. Ons kon ongelukkig nie aan ons ondersteuners gee wat hulle van ons verwag het nie.

“Ons sal dié een op die ken vat.,” het Cheika gesê.

Reg van die afskop was dit duidelik dat die All Blacks wraak soek. Hulle het met mening ingeklim en met die aggressiewe losvoorspeler Ardie Savea aan die voorpunt die Wallabies teruggedwing.

Die twee drieë wat die wenspan kort ná mekaar laat in die eerste helfte gedruk het, het die besoekers geknak.

Eers het die losskakel, Richie Mo’unga, in die 29ste minuut gaan druk, en drie minute later het die Wallabies se heelagter, Kurtley Beale, ’n swak skop geloods wat deur sy eweknie van die All Blacks, Beauden Barrett, in die hande gekry is.

Punte:

All Blacks 36 (17): Drieë: Richie Mo’unga, Aaron Smith, Sonny Bill Williams, Reece Hodge, George Bridge. Doelskoppe: Mo’unga (3), Beauden Barrett (1). Strafdoele: Mo’unga (1).

Wallabies 0 (0).

Meer oor:  Wallis  |  All Blacks  |  Ranglys  |  Wêreldrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.