Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Blacks wil Bokke tuis in 100ste pak

Nieu-Seeland Rugby (NSR) is vol vertroue dat hy vanjaar tuis teen verskeie teenstanders te staan sal kom en onderhandel met die regerings van dié lande in die hoop om dit moontlik te maak.

Mark Robinson, uitvoerende hoof, het bevestig hulle is optimisties dat hulle in Nieu-Seeland teen Italië en Fidji sal speel en moontlik ook ’n deel van die Rugbykampioenskap sal kan aanbied.

Mark Robinson, die Kiwi’s se rugbybaas, is optimisties oor die All Blacks se 2021-kalender. Foto: Getty Images

Dít kan die 100ste toets teen Suid-Afrika insluit, wat ook ’n eeu sedert die Springbokke en die All Blacks in Dunedin vir die eerste keer kragte gemeet het, sal wees.

NSR het nie aangebied om gasheer te wees vir die hele Rugbykampioenskap nie en verkies om dit saam met die ander betrokke rugbylande aan te bied.

Suid-Afrika sal na verwagting nie as ’n gasheervennoot ingesluit word nie.

“Hulle (Saru) het aangedui dat hul nie vanjaar die kampioenskap wil aanbied nie.

“Ons is vanselfsprekend hoopvol om tuis teen hulle te speel as Suid-Afrika nie in daardie posisie is nie, wat in die stadium ’n moontlikheid is,” sê Robinson.

NSR werk nou saam met regeringsowerhede om vas te stel wanneer Italië (in twee toetse) en Fidji teen die All Blacks te staan kan kom.

Die toetse is vir Julie op die kalender aangebring, maar dit moet nog bevestig word.

“Ons is ook in kontak met die owerhede van daardie lande en natuurlik ons Sanzaar-vennote om ’n duideliker prentjie te kry.

“Van die gesprekke vorder goed,” meen Robinson.

Die All Blacks sal, afhangend van hoe die Covid-19-pandemie die volgende paar maande uitspeel, ook ’n jaareindtoer hê.

“Ons kom naby daaraan om ons toerbepalings te finaliseer.”

• Die Springbokke, onder aanvoering van Boy Morkel, het op 13 Augustus 1921 met 13-5 in Dunedin teen die All Blacks verloor. Dit was die eerste toets ooit tussen die twee lande.

Die Bokke het in 2008 ’n geskiedkundige eerste sege in Dunedin behaal toe hulle die Kiwi’s met 30-28 verras het.

LUISTER DIE PODSENDING: BLOED, SWEET & MODDER

Meer oor:  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.