Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Alle oë op Bul-losskakel Smith in Treviso

Sou jy Jake White kon vra watter twee spelers die grootste rol in die herlewing van die Bulle gespeel het sedert hy die span verlede jaar begin afrig het, sou die antwoord gewis Duane Vermeulen en Morné Steyn wees.

In die drukkoker-oomblikke was dié duo, met 120 toetse se ervaring tussen hulle, se leiding en besluitneming dikwels lotsbepalend vir White se span.

Chris Smith het Saterdag groot skoene om vol te staan teen Benetton in Treviso. Foto: Gallo Images

Die Bulle kom Saterdagaand in Treviso, Italië, sonder albei spelers se bedrewenheid teen Benetton in die Reënboogbeker-eindstryd te staan.

In Marcell Coetzee het die Bulle ’n meer as waardige plaasvervanger vir die beseerde Vermeulen.

Chris Smith is knap en een van die meer onderskatte losskakels in Suid-Afrikaanse rugby, maar hy is nie naastenby so invloedryk soos die immergroen-veteraan Steyn nie.

Die 36-jarige Steyn (hy word volgende maand 37) het met sy voortreflike spel sedert verlede seisoen dit vir Jacques Nienaber, Springbok-afrigter, byna onmoontlik gemaak om hom nié in die groep vir die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus in te sluit nie.

Met die Bokke tans op ’n oefenkamp in Bloemfontein bring dit mee dat Smith Saterdag die Bulle se nr. 10-trui in die Stadio Comunale di Monigo teen Benetton sal dra.

Smith het al sy oomblikke gehad wanneer hy vir Steyn ingestaan het, maar is hy bo alle twyfel tuis op ’n vlak hoër as Curriebeker-rugby?

Franco Smith, Italiaanse rugby se nuwe hoëprestasiehoof, voorspel juis die Bulle sal ’n paar verstellings moet maak met hul taktiese skopwerk.

Die Bulle het Maandagaand met drie skrumskakels in die groep op die vliegtuig geklim Treviso toe, Ivan van Zyl, Zak Burger en Keagan Johannes, maar Van Zyl behoort, danksy sy ervaring, Smith se skakelmaat te wees.

Van Zyl sal die las op sy losskakel verlig, maar die onus sal op Smith wees om die besoekers se aanslag in die regte rigting te stuur.

White sê hulle gaan nie nou van die bloudruk afwyk wat soveel sukses vir die Ligbloues gebring het nie.

Dus, daar sal tussen die agttalle besluit word watter span wen en agterlangs sal bepaal word hoe ver.

Die Haaie is Saterdag in Durban met ’n nuwe lostrio, Coetzee, Ruan Nortjé en Marco van Staden, aangedurf ná Vermeulen en Elrigh Louw se beserings (albei enkel).

Van Staden het sedertdien by die Springbok-groep aangesluit en Nizaam Carr behoort die nuwe oopkantflank te wees. Daar kan ook oorweeg word om Ruan Nortjé terug te skuif slot toe om vir Muller Uys of WJ Steenkamp plek te maak in die lostrio.

White maak sy 23-tal Vrydag bekend.

Meer oor:  Treviso  |  Chris Smith  |  Benetton  |  Bulle  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.