Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Alle oë op Libbok in Canberra
Nou is ek nommer een! Manie Libbok moet teen die Brumbies wys hy is opgewasse om by Handré Pollard oor te neem. Foto: Gallo Images

Dis vanselfsprekend dat ’n eerste oorwinning in 12 jaar in Canberra oor die Brumbies Vrydag heel boaan die Bulle se wenslys is. Dit sal hulle immers ’n nieamptelike en seldsame “Aussie Slam” gee.

Belangriker, egter, is dat welslae teen die Brumbies die Pretorianers in die Superrugby-wedloop sal hou – van kritieke belang met twee wedstryde in Nieu-Seeland in die toerdagboek oor.

Vir Pote Human, die Bulle se hoofafrigter, sal Vrydag se kragmeting ook ’n belangrike blik op die toekoms gee.

Die Bulle het die week in die Australiese hoofstad aangekom sonder die Springbokke Handré Pollard, Jesse Kriel en Lood de Jager in hul geledere. Wanneer die 2020-weergawe van dié kompetisie in aanvang neem, sal dié senior manne hul brood en botter in onderskeidelik Frankryk, Japan en Engeland verdien. Hul afwesigheid het so half onverwags gekom, maar die volgende generasie se tyd het by Loftus Versfeld aangebreek.

In Canberra sal die fokus op Pollard se adjudant, Manie Libbok, wees. Dit was natuurlik nie doelbewus nie, maar Human het die druk laat oplaai toe hy die week gesê het Pollard is waarskynlik in dié stadium die voorste losskakel in wêreldrugby. Afgesien daarvan dat dit debatteerbaar is ná die Crusader-generaal Richie Mo’unga se briljante vertoning onlangs teen Pollard op Loftus, maak dit nie sake vir Libbok makliker nie.

Libbok is talentvol en kan ’n bespotting van enige span se verdediging maak. Maar sy keerwerk en taktiese spel? Hy moet dít nog bo alle twyfel plaas.

Daar is min twyfel daaroor dat die 21-jarige boorling van Humansdorp ’n faktor op die aanval is nie. Libbok is talentvol en kan ’n bespotting van enige span se verdediging maak.

Maar sy keerwerk en taktiese spel? Hy moet dít nog bo alle twyfel plaas.

Morne Steyn (Getty Images)

’n Vergete goue seun van die Bulle, Morné Steyn, keer terug en sal die volgende twee seisoene teen Libbok om die nr. 10-trui meeding. Die aanduiding is dat hoewel Libbok dié ervare Bok-veteraan se protégé sal wees, jeug volgende jaar by Loftus bo ervaring gestel sal word. Libbok kry in Pollard se afwesigheid nou die geleentheid om Human se vertroue in hom gestand te doen.

Wanneer jy 21 is, moet die harde lesse van Superrugby egter nog uitgedeel word. Daar is boonop tussen Libbok en sy skakelmaat, André Warner, net 30 wedstryde se ervaring op dié vlak, waarvan verreweg die meeste as ’n plaasvervanger was.

Voordat Libbok sy slag kan wys, sal sy voorspelers egter eerstens meer besit en beter gebiedsvoordeel moet bied as wat verlede week teen die Melbourne Rebels die geval was.

Die Wallaby-hemelbesem Rory Arnold is in die Brumbies se beginspan ingesluit om RG Snyman-hulle in die lynstane te takel.

Die spanne is:

Brumbies: Tom Banks, Henry Speight, Tevita Kuridrani, Irae Simone, Toni Pulu, Christian Lealiifano (k), Joe Powell, Pete Samu, Jahrome Brown, Tom Cusack, Sam Carter, Rory Arnold, Allan Alaalatoa, Folau Fainga’a en Scott Sio. PLAASVERVANGERS: Connal Mcinerney, James Slipper, Leslie Leuluaialii-Makin, Darcy Swain, Murray Douglas, Rob Valetini, Ryan Lonergan en Tom Wright.

Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal, Rosko Specman, Manie Libbok, André Warner, Duane Vermeulen (k), Hanro Liebenberg, Paul Schoeman, RG Snyman, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits en Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Jannes Kirsten, Marco van Staden, Embrose Papier, JT Jackson en Divan Rossouw.

Afskop: 11:45

Skeidsregter: Jaco Peyper (SA)

Assistentskeidsregters: Egon Seconds (SA) en Paul Williams (NS)

TV-skeidsregter: James Leckie (Aus)

Meer oor:  Pote Human  |  Handre Pollard  |  Manie Libbok  |  Canberra  |  Brumbies  |  Bulle  |  Superrugby  |  Losskakel  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.