Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Allister Coetzee brei nou Namibië

Die voormalige Springbok-afrigter Allister Coetzee is aangestel as breier van Namibië se nasionale rugbyspan.

Republikein, ’n koerant in dié buurland, het Donderdag berig dat Coetzee (58) die leisels van die land se span tot ná die Wêreldbeker-toernooi in 2023 in Frankryk sal hou.

Allister Coetzee Foto: Gallo Images

Coetzee, wat die Bokke tussen 2016 en 2018 afgerig het, vervang Robbie Dickson wat vroeër vanjaar as tussentydse afrigter aangestel is. Dickson het oorgeneem by Johan Diergaardt wat in Desember bedank het.

Rapport het in Desember berig dat Diergaardt die tuig onder meer neergelê het weens ’n geskil met die Namibiese Rugbyunie, toe hy ’n knieoperasie moes ondergaan en klaarblyklik net 25% van sy salaris betaal is.

Voordat Coetzee destyds as afrigter van die Springbokke aangestel is, het hy spanne soos die Stormers en Westelike Provinsie gebrei. Sedert hy die Bokke verlaat het, het hy tot in 2020 die Japannese klubspan Canon Eagles afgerig.

So onlangs soos verlede maand, is Coetzee se naam verbind met die pos van afrigter by die Italiaanse klubspan Rovigo Delta.

Tydens Coetzee, ’n boorling van Makhanda in die Oos-Kaap, se tyd aan die stuur van die Springbokke, was daar vele laagtepunte. So byvoorbeeld het die All Blacks Suid-Afrika in 2017 met 57-0 in Albany geklop – ’n loesing wat as ’n donker dag in Suid-Afrikaanse rugby beskou is.

Rassie Erasmus, tans die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, het destyds in 2018 die pos van afrigter van die Bokke by Coetzee oorgeneem. – Sportredaksie

Meer oor:  Rugbyafrigter  |  Allister Coetzee  |  Namibië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.