Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Allister ‘koop’ SP Marais tydens kuier

Allister Coetzee het sy kuiertjie in die Kaap sommer ook gebruik om aankope te maak en SP Marais, die veelsydige agterspeler van die Stormers, is opgeraap as aanwins vir die oud-Bok-afrigter se Japanse klubspan Canon Eagles.

Die Stormers se gereelde heelagter, SP Marais. Foto: Gallo Images

Marais moet help om die leemte te vul wat die All Black Isreal Dagg by Coetzee se klub laat. Dagg moes gedwonge uittree weens ’n beseerde knie.

Die 30-jarige Dagg het die All Blacks in 66 toetse en die Crusa­ders onder meer in 89 wedstryde verteenwoordig.

Die 30-jarige Marais is op die oomblik beseer. Hy speel van 2017 af vir die Stormers. Hy was voor dit ook by die Southern Kings, Bulle en Haaie.

Coetzee het die afgelope tyd ook daarin geslaag om die voormalige Bok-stut CJ van der Linde te kontrakteer. Hy het hom vandeesmaand as hul skrumafrigter by Canon Eagles aangesluit waar die voormalige Bok-slot Barend Pieterse die voorspelerafrigter is.

John Dobson, die Stormers se nuwe afrigter vir 2020, is gretig om Curwin Bosch Kaap toe te lok en dié langbeen kan Marais se plek volstaan op heelagter.

Bosch is egter nog tot volgende jaar by die Haaie gekontrakteer.

Meer oor:  Stormers  |  Canon Eagles  |  Allister Coetzee  |  Sp Marais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.