Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Allister oorweeg pos by Rovigo
Die voormalige Springbok-afrigter Allister Coetzee. Foto: Gallo Images

Allister Coetzee kan die derde Bok-afrigter word wat die Italiaanse klubspan Rovigo Delta afrig.

Rapport verneem die pos is syne, maar hy sal op ’n besoek aan Rovigo ’n finale besluit neem oor of hy dit wil aanvaar.

Rovigo wil hê hy moet Umberto Casellato as hoofafrigter vervang.

Die 57-jarige Coetzee sal sy fluitjie en sweetpak die eerste keer in langer as ’n jaar benodig nadat hy en die Japanse klubspan Canon Eagles se paaie in April 2020 geskei het.

Rovigo het Coetzee glo genader, hy het nie self aansoek gedoen nie.

Een van Coetzee se Bok-bestuurslede in 2017, Franco Smith, is deesdae die hoofafrigter van Italië se nasionale span.

Hy kan vir Coetzee waardevolle inligting oor die spelers van Rovigo en die Italiaanse Top12-liga gee.

Die twee ander Bok-afrigters wat Rovigo afgerig het, is wyle Nelie Smith en Nick Mallett. Smith het Rovigo tussen 1986 en 1989 afgerig. Hy het die nasionale Italiaanse titel in die 1987/’88-seisoen gewen.

Mallett het sy loopbaan as ’n beroepsafrigter in 1984 en 1985 by Rovigo begin. Mallett het ook voor dit vir hulle gespeel.

Hoewel Coetzee se termyn as Bok-afrigter rampspoedig geëindig het, het hy tussen 2004 en 2007 wyd lof ingeoes as een van Jake White se Bok-hulpafrigters.

Coetzee se tydperk tussen 2010 en 2015 as die Stormers en WP se hoofafrigter het ook heelwat hoogtepunte ingesluit.

Meer oor:  Allister Coetzee  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.