Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Allister Coetzee straks op pad na Japan

Allister Coetzee sal nie werkloos wees as die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) besluit om sy kontrak in Desember te beëindig nie.

Allister Coetzee

Die Springbok-afrigter word as die voorloper beskou om van 2018 af die hoofafrigter van die Japanse klubspan ­Canon Eagles te word.

Dis nou as hy wel soos verwag word in Desember afgedank word.

Coetzee se Bok-kontrak is veronderstel om eers ná 2019 se Wêreldbekertoernooi te verstryk.

Aangesien hy nie aan ’n prestasieklousule – wat ’n wensyfer van 65% vereis – in sy kontrak voldoen nie, is Saru in ’n posisie om vroeër van hom ontslae te raak.

Coetzee mag egter, vanweë sy kontraktuele verpligtinge met Saru, tot ná Desember se vergadering geen amptelike kontrak met Canon sluit nie.

’n Sterk moontlikheid bestaan dat Matt Proudfoot saam met Coetzee na Canon kan gaan as hul onderhandelinge suksesvol verloop.

Proudfoot het Coetzee destyds vanaf die Stormers na die Japanse klubspan Kobe Steel gevolg en toe weer na die Bokke.

Coetzee se 24 toetse sover is die vyfde meeste deur enige Bok-hoofafrigter. Slegs Jake White (54 toetse), Peter de Villiers (48), Heyneke Meyer (48) en Nick Mallett (38) het die Bokke in meer toetse afgerig. 

Meer oor:  Saru  |  Bokke  |  Allister Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.