Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Allister se Italiaanse klub vry na Abner

Die WP se losskakel Abner van Reenen kan binnekort die Kaap verlaat nadat hy ’n aanbod van die Italiaanse klub Rovigo gekry het.

Abner van Reenen Foto: Gallo Images

Rapport verneem daar sal dié week besluit word oor die jong nr. 10 se toekoms, maar dat dit waarskynlik is dat hy Italië toe sal vertrek. Van Reenen het glo die WP reeds versoek om uit sy kontrak te kom.

Die WP sal na verneem word dié week vergader om oor die versoek te besluit.

Rovigo word deur die oud-Springbok-afrigter Allister Coetzee afgerig en hulle is gretig om Van Reenen te werf.

Die talentvolle losskakel het die laaste ruk gesukkel om plek te kry in die WP-beginspan.

Van Reenen se agent, Shafiek Mouton, wou nie kommentaar lewer nie.

John Dobson, die hoofafrigter van die Stormers en WP, het aan Rapport gesê hulle is nie bewus van ’n versoek van Van Reenen om van sy kontrak vrygestel te word nie. Dobson beskou Rovigo se belangstelling in Van Reenen egter as ’n “kompliment”.

“Abner was al geruime tyd in ons groep sonder om veel blootstelling te kry. Vandat hy ordentlike speeltyd kon kry, was ons tevrede met sy vordering. Dit is ’n kompliment dat ’n klub soos Rovigo belangstelling in hom toon en getuig van sy talent en van ons spelmodel in die WP.”

Intussen het die WP ’n terugslag gekry toe sy slot Salmaan Moerat dié week ’n nekoperasie ondergaan het.

Die slot het dié week verrassend ’n foto op Instagram geplaas van waar hy in ’n hospitaalbed ná die operasie is. Moerat sal vir minstens drie maande buite aksie wees.

Meer oor:  Abner Van Reenen  |  Wp  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.