Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Altrad pryk straks op All Black-trui

Die naam van die Franse konstruksiemaatskappy Altrad kan straks in die toekoms op die truie van die All Blacks pryk.

Die woord AIG op die All Blacks se truie kan moontlik in die toekoms vervang word met Altrad. Hier lei Sam Cane die Nieu-Seelanders op die veld teen Argentinië in 2020. Foto: Getty Images
Die Franse rugbyspeler Teddy Thomas (regs) tydens ’n kragmeting in die Sesnasies-reeks teen Italië. Foto: Getty Images

Luidens ’n berig op stuff.co.nz is die ringkoppe van die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZRU) in gesprek met Altrad om die nuwe borg van die truie te word. Die huidige borgskap met AIG verstryk aan die einde van die jaar.

Sou ’n ooreenkoms tussen die NZRU en Altrad bereik word, kan dit volgens The New Zealand Herald sowat €18 miljoen beloop en vir 2022 en 2023 van krag wees.

Mohed Altrad is die eienaar van die maatskappy en geen onbekende in rugbykringe nie. Die Franse klubspan Montpellier behoort aan hom en die Franse nasionale rugbyspan spog met Altrad se logo op sy truie.

Die 73-jarige Altrad het aan die Franse koerantL’Équipe erken dat sy maatskappy daarin belangstel om die truiborg van die All Blacks te word.

“Dit is ’n gesogte handelsmerk. Dit is die waarheid, ons stel belang.” – Sportredaksie

Meer oor:  Frankryk  |  Aig  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.