Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Amerika oorrompel Blitsbokke

Amerika het met ’n kliniese vertoning die Blitsbokke se aanslag op die titel by die sewestoernooi in Las Vegas beëindig.

Stedman Gans/Foto: Gallo Images

Die tuisspan het vyf drieë gedruk om Suid-Afrika Sondag (SA tyd) met 29-10 in die kwarteindronde te klop.

Amerika was net eenvoudig in ’n eie klas. Hy het ’n vaskop bewerkstellig en ook meer as een keer Suid-Afrika se besit by losgemale gesteel. Boonop is een van sy drieë gedruk toe die Blitsbokke nie ’n afskop kon bemeester nie.

Suid-Afrika kom nou Sondagaand (SA tyd) om 22:28 teen Fidji in ’n halfeindstryd om die vyfde plek te staan.

Puntemakers: Amerika 29 (19): Drieë: Danny Barrett, Steve Tomasin, Martin Iosefo, Carlin Isles, Matai Leuta. Doelskoppe: Madison Hughes (2). Suid-Afrika 10 (0): Drieë: JC Pretorius, Stedman Gans.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Las Vegas  |  Amerika  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.