Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Amerikaanse rugby is bankrot weens Covid-19
Die Amerikaanse sewesster Carlin Isles. Foto: Getty Images

USA Rugby (USAR), die beheerliggaam vir die sport in Amerika, het weens die negatiewe finansiële impak van die Covid-19-pandemie aansoek gedoen om bankrot verklaar te word.

Die USAR sê in ’n verklaring op sy amptelike webblad die aansoek is gedoen onder wetgewing wat sukkelende instansies toelaat om te herorganiseer en skuld te herstruktureer.

“Die impak van die Covid-19-pandemie het huidige finansiële uitdagings op rugbyaktiwiteite vergroot,” sê die USAR.

Sport oor die wêreld heen het weens die virus feitlik tot stilstand gekom, met owerhede wat ’n verbod geplaas het op groot samekomste om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Volgens die verklaring het die opskorting van kompetisies “tot grootskaalse verlies van inkomste, borgskappe en bykomende bronne van inkomste” gelei.

Die mans- en vroue-vyftienmanspanne, asook hul eweknieë in sewesrugby, sal voortgaan om “soos normaal mee te ding” wanneer die sport ná afloop van die pandemie hervat word.

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Sewes  |  Toetsrugby  |  Superrugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.