Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Angelo beïndruk met vaart vir Blitse
Die Blitsbok Impi Visser voer hierdie naweek SA 2 aan. Foto: Gallo Images

Die Blitsbok Angelo Davids het Sondag ’n paar keer sy bedrieglike vaart ten toon gestel tydens Suid-Afrika 1 se eerste wedstryd van die dag in ’n sewesrugbytoernooi vir spanne van Afrika.

SA 1 het die Stellenbosch-sportakademie gemaklik met 43-0 in die Eikestad geklop.

Saterdag, op die eerste dag, het Davids ’n hanteerfout begaan, maar Sondag het hy gewys dat hy uitgehonger is om die span na die Olimpiese Spele te haal.

Nog ’n Davids, Selvyn, het ook uitgeblink, met ’n vinnige tikskoppie hier en by ander geleenthede goeie balverspreiding. Hy het kort voor die einde sy eie skoppie opgevolg en onder die pale gaan druk.

• Vroeër Sondag het SA 2 Zimbabwe met 24-7 geklop.

Meer oor:  Angelo Davids  |  Blitsbokke  |  Stellenbosch  |  Selvyn Davids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.