Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Aphiwe langer uit, maar sal reg wees vir Japan

Aphiwe Dyantyi sal langer tyd in die siekeboeg deurbring as wat die Springbokke aanvanklik gehoop het.

Aphiwe Dyantyi

Die goeie nuus is wel dat hy, Damian Willemse, Dan du Preez en Warren Whiteley betyds vir oorweging vir die Wêreldbekertoernooi sal herstel tensy hul rehabilitasieprogramme ’n onverwagse spoedbult tref.

Die besering aan Dyantyi se dyspier, wat hy op die oefenveld voor die toets teen die Wallabies opgedoen het, is ernstiger as wat aanvanklik vermoed is.

Hy sal 10 Augustus se toets in Salta teen Argentinië misloop. Dit is ook onwaarskynlik dat die Bokke dit met hom vir 17 Augustus se tuistoets in Pretoria teen die Poemas sal waag.

Die Bokke speel op 6 September in Kumagaya in ’n vriendskaplike toets teen Japan.

Dyantyi se rehabilitasieprogram is op koers om hom ten minste gereed te kry vir die toets teen Japan.

Willemse is stewig op die herstelpad. Hy het verlede week ná ’n kniebesering begin hardloop. Hy sal volgens alle aanduidings goedkeuring kry om vir die Pretoria-toets oorweeg te word.

Whiteley het hoop om ook gereed te wees vir die Loftustoets. Du Preez het van sy gekraakte ribbes herstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.