Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Aquaman’ onthul storie agter trui
Jason Momoa spog met sy All Black-trui by die sewestoernooi in Kanada. Foto: Getty Images

Die Hollywood-akteur Jason Momoa het met sy besoek aan die afgelope sewestoernooi in Vancouver dit duidelik gemaak wie hy ondersteun.

Baie is gesê oor die Aquaman- en Game of Thrones-ster se ou All Black-trui en hy het intussen aan allblacks.com verklap waar dit vandaan kom.

Momoa ondersteun die Kiwi’s gedurende hul kragmeting teen Argentinië. Foto: Getty Images

“Ek het dit sowat 15 jaar gelede ontvang as ’n geskenk by Glenn Ennis, die waaghals wat vir my ingestaan het op die stel van Stargate Atlantis,” sê Momoa.

“Hy was kaptein van Kanada se rugbyspan en het by die Wêreldbekertoernooi in 1991 teen die All Blacks gespeel waar hy truie met die legendariese Zinzan Brooke geruil het.

“Dit is een van die beste presente wat ek tot nog toe gekry het. Ek verlaat die huis nooit daarsonder nie, dit reis altyd saam met my.”

Momoa, wat in Hawaii gebore is en in Iowa grootgeword het, het die Kiwi-span in die kleedkamer ontmoet voordat hulle met Engeland in die uitspeelstryd om die vyfde plek afgereken het.

Brooke sê hy is “in sy noppies” dat Momoa sy trui geërf het.

“Ek het die Vancouver-toernooi op televisie gekyk. ‘Aquaman’ was in die BBP-losie, maar het gemaklik met aanhangers gemeng.

“Toe hy omdraai, sien ek hy dra die nr. 8-trui. Ek het gedink: ‘Dit is pure toeval. Dit lyk soos ’n egte trui en, kan jy nou meer, dit is!’

“Ek was in my noppies. Toe Ali (sy vrou) my die (Momoa-Ennis) storie vertel, het ek gedink ‘wow, dit is baie koel dat dit die trui is wat ek gedra het’.”

Brooke erken hy is ’n aanhanger van Momoa se toneelspel.

Hier is beeldmateriaal van Brooke in aksie in daardie trui toe hy in 1991 teen Kanada ’n drie gedruk het.

Momoa is ’n groot aanhanger van die haka en het dit al op verskeie geleenthede in die publiek uitgevoer.

– Sportredaksie

Meer oor:  Jason Momoa  |  Sewesrugby  |  Aquaman  |  Blitsbokke  |  All Blacks  |  Zinzan Brooke  |  Game Of Thrones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.