Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Arabiese miljardêrs teiken sterre
Beauden Barrett, twee keer Wêreldrugby se Speler van die Jaar. Foto: Getty Images

Die All Black-ster Beauden Barrett en Walliese losskakel Dan Biggar se name word genoem in lonende skuiwe na die Franse ProD2-span Beziers.

Dié voorheen roemryke klub, ’n wenner van 11 Franse titels, is glo in die visier van ryk beleggers uit die Verenigde Arabiese Emirate.

Stuff berig ’n moontlike oorname deur miljardêr lede van ’n Midde-Oosterse koninklike gesin kan die klub se skuld van €5 miljoen delg en sterspelers van oor die wêreld heen lok.

Die voormalige All Black-senter Ma’a Nonu is glo ook ’n teiken-aanwins, terwyl die Franse vleuel Benjamin Fall na berig word reeds ingestem het tot ’n ooreenkoms mits die voorgestelde oorname suksesvol voortgaan.

Die Walliese puntemasjien Dan Biggar. Foto: Getty Images

AS Beziers Hérault het negende geëindig in die hoogs mededingende Franse tweedeliga nadat die Covid-19-pandemie die seisoen kortgeknip het. Die groot name op sy inkopielys kan egter beteken dat die klub hom binnekort weer in die Top-14 bevind.

Die beleggers word verteenwoordig deur die legendariese Hane-vleuel Christophe Dominici en ’n “konstruktiewe” vergadering is onlangs in Parys gehou.

Die klub se inkopietog sal binne die Franse salarisperk van €11,3 miljoen moet geskied, met ’n bykomende €200 000 toegelaat vir Franse toetsspelers.

Beziers se planne klink baie eenders as dié wat suksesvol uitgevoer is deur Toulon, wat groot aanwinste gemaak het om hom uit die tweedeliga te help lig en die afgelope jare ’n krag in die Top-14 en Europese rugby te maak.

– Sportredaksie

Meer oor:  Prod2  |  Klubrugby  |  As Beziers Hérault  |  Beauden Barrett  |  Toetsrugby  |  Top 14  |  Ma'a Nonu  |  Superrugby  |  Aotearoa  |  Dan Biggar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.