Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Argentyn Miotti skop Force tot sege

Die Argentyn Domingo Miotti het straks Saterdag heldestatus in Perth bereik deur die Western Force in die Superrugby AU-reeks met ’n strafdoel van ’n sege te verseker.

Die Western Force se slot Jeremy Thrush duik in die eerste helfte oor die doellyn. ’n Drie is egter nie toegeken nie, omdat hy die bal verloor het. Foto: Getty Images

Die Force het net-net daarin geslaag om die Waratahs met 31-30 te wen, met Miotti, sy span se losskakel, wat reg teen die einde ’n strafdoel deur die pale gejaag het.

Praat van ’n sege uit die kake van ’n nederlaag ruk.

Die Force was teen rustyd met 18-10 voor. Maar die Waratahs het vinnig twee drieë in die tweede helfte gedruk, wat albei verdoel is, om die telling 24-18 te maak.

Toe begin die toutrekkery in alle erns. Miotti het drie punte by sy span se telling gevoeg met ’n strafdoel.

Maar in die laaste paar minute van die wedstryd het Miotti se eweknie van die Waratahs, Ben Donaldson, twee strafdoele kort ná mekaar deur die pale gejaag. Dit het die telling 30-21 in die Tahs se guns gemaak.

Maar die Force se fut was nog nie uit nie. Kort daarna het Jordan Olowofela (vleuel) sy span se derde drie gaan druk, met Miotti wat twee punte met ’n doelskop bygesit het.

Dit het die telling 30-28 gemaak, met net ’n rapsie meer as vyf minute se speeltyd oor. Oomblikke daarna het die Force ’n strafskop in omtrent die middel van die veld gekry.

Miotti se skop pale toe was egter kort.

Toe volg aanval op aanval deur die Force. Rolmaalbeweging op rolmaalbeweging, terwyl die horlosie afloop. Maar die Waratahs se verdediging hou.

Dit is toe dat die Waratahs gestraf word. En Miotti weer ’n kans kry. Hierdie keer reg voor die pale.

Die res is, soos hulle sê, geskiedenis.

Puntemakers: Western Force 31 (18): Drieë: Tom Robertson, Feleti Kaitu’u, Jordan Olowofela. Doelskop: Domingo Miotti (2). Strafdoele: Miotti (3). Skepdoel: Miotti.

Waratahs 30 (10): Drieë: William Harris, Jack Maddocks, Alex Newsome. Doelskoppe: Ben Donaldson (3). Strafdoele: Donaldson (3).

Meer oor:  Perth  |  Waratahs  |  Domingo Miotti  |  Superrugby Au-Reeks  |  Western Force
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.