Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Argentyne ampertjies All Blacks se baas

As jy die kans kry om die All Blacks te klop, moet jy daardie geleentheid met albei hande aangryp.

Beauden Barrett, losskakel van die All Blacks, probeer verby Nicolas Sanchez, sy eweknie van Argentinië, kom. Foto: Getty Images

Nieu-Seeland het Argentinië Saterdag met 20-16 in Buenos Aires geklop, maar slaak seker ’n sug van verligting dat dié wedstryd in die Rugbykampioenskap nie vyf minute langer aangehou het nie. Want dan het die All Blacks waarskynlik hul agterente gesien.

Die Argentyne het met speeltyd verstreke ’n lynstaan 5 m van die Nieu-Seelanders se doellyn gekry, maar kon dit nie gebruik om ’n rolmaalbeweging van stapel stuur om die wenpunte aan te teken nie.

Argentinië het egter ook ander kanse gehad om die wedstryd te beklink, maar ’n hanteerfout hier en ’n swak aangee daar het die tuisspan duur te staan gekom.

Ja, dit was ’n All Black-span met groentjies in, maar spelers soos Brodie Retallick, Beauden Barrett en Ben Smith is tog van die planeet se voorste rugbyspelers.

Die besoekers se plaasvervangerhaker, Liam Coltman, het ’n slag of wat omgekeerde besit bewerkstellig, maar dit was die Argentyne wat die meeste van die speelwerk gedoen het.

*Puntemakers: Nieu-Seeland 20 (20): Drieë: Ngani Laumape, Brodie Retallick. Doelskoppe: Beauden Barrett (2). Strafdoele: Barrett (2).

Argentinië 16 (9): Drie: Emiliano Boffelli. Doelskop: Nicolas Sanchez. Strafdoele: Sanchez (2), Boffelli.

Meer oor:  Buenos Aires  |  All Blacks  |  Rugby  |  Argentinië  |  Rugbykampioenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.