Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Arno Botha terug om Haaie te pak
Arno Botha dra Saterdag op Loftus Versfeld die Bulle se nr. 7-trui. Foto: Gallo Images

Daar is net een verandering aan die beginspan van die Bulle vir Saterdag se afspraak met die Haaie in die Reënboogbeker-kompetisie op Loftus Versfeld.

Die Springbok-losvoorspeler Arno Botha, wat nie verlede week in die Ligbloues se 23-tal was wat die Stormers in Kaapstad geklop het nie, vervang Elrigh Louw as steelkant-flank.

Jake White, die Bulle se afrigter, sê Louw, wat in albei die Bulle se vorige twee wedstryde in die kompetisie enduit op die veld was, kry ’n effense blaaskans op die plaasvervangersbank.

Die Bok-stut Trevor Nyakane sal saam met hom op die bank sit met White wat volhard met sy jong voorry in die beginspan, Mornay Smith, Johan Grobbelaar en Gerhard Steenekamp.

Bulle: David Kriel, Madosh Tambwe, Marco Jansen van Vuren, Cornal Hendricks, Stravino Jacobs, Morné Steyn, Embrose Papier, Duane Vermeulen (k), Arno Botha, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Walt Steenkamp, Mornay Smith, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Schalk Erasmus, Lizo Gqoboka, Trevor Nyakane, Janko Swanepoel, Elrigh Louw, Zak Burger, Chris Smith, James Verity-Amm.

Meer oor:  Arno Botha  |  Bulle  |  Reënboogbeker  |  Rugby  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.