Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ashwin stap uit SuperSport-ateljee

Daar was Saterdagaand ná die wedstryd tussen die Leeus en Brumbies hoogdrama in die SuperSport-atlejee toe Ashwin Willemse op die lug sy mikrofoon afgehaal en uitgestap het.

Willemse het Nick Mallett en Naas Botha, sy medeaanbieders, van “neerhalende gedrag” beskuldig.

Ashwin Willemse

Die hoofaanbieder, Motshidisi Mohono, het vir Willemse gevra vir sy gedagtes oor die wedstryd, wat die Leeus met 42-24 gewen het, waarop Willemse geantwoord het: “Dis belangrik vir my . . . Ek het hierdie spel vir lank gespeel en ek was gereeld as ’n kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek te verdien,” het Willemse gesê.

Dit is onduidelik waarna Willemse verwys het toe hy dit gesê het. Dit wil egter voorkom asof iets agter die skerms gebeur het wat vir Willemse warm onder die kraag gemaak het.

“Ek gaan nie toelaat dat twee individue wat in die apartheid- en gesegregeerde era gespeel het neerhalend teenoor my praat nie,” sê Willemse met verwysing na Mallett en Botha.

Hierna het Willemse na die tafel waar Mallett, Botha en Mohono sit, gestap en begin om sy mikrofoon af te haal.

“Ek kan nie werk saam met mense wat ander mense ondermyn nie. En Nick, jy kan nou maar lag daaroor, maar jy weet presies wat gebeur het.”

Mallett het hierop geantwoord dat hy nie lag nie, waarop Willemse gesê het: “dis fine, dis fine.”

“Ek is nie besig om belaglik te wees nie. Ek is bly dit gebeur op die lug sodat mense kan sien, want julle twee sit hier . . .”

Mohono het tussenbeide probeer tree, maar Willemse het van die stel af geloop.

“Dit was nou jammer, want ons gesprek het so goed gegaan en dit sou lekker gewees het om Ash se gedagtes te hoor, veral omdat hy so baie gehad het om oor hierdie wedstryd te sê.”

Daar was ná die voorval gemengde reaksie op Twitter met sommige mense wat Willemse geloof het en ander wat sy optrede veroordeel het.

Meer oor:  Ashwin Willemse  |  Supersport  |  Nick Mallet  |  Naas Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.