Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ashley: Waarom ek vir Jake nee gesê het

Ashley Johnson het Jake White se aanbod om hom by die Bulle aan te sluit sterk oorweeg.

Maar op die ou end was dit net nie die regte tyd vir dié 34-jarige Springbok-losvoorspeler om sy wortels uit Engeland te trek en terug te skuif Suid-Afrika toe nie.

Ashley Johnson
Ashley Johnson verlede jaar op loop vir Wasps. Foto: Getty Images

Johnson het ná agt jaar by die Engelse klubspan London Wasps halt geroep, maar gaan in Engeland aanbly.

“So ’n paar weke gelede het Jake met my kontak gemaak – ek ken hom uiteraard van my skooljare af – en hy het great planne vir die Bulle. Ek wou bitter graag. Ek het selfs die motivering gehad om my weer in die Superrugby-reeks te toets,” het Johnson vandeesweek uit sy tuisstad, Coventry, aan Rapport gesê.

“Ek het regtig gedink ek kan iets kom bydra, veral om die jonger outjies iets te leer.

Maar ongelukkig, waar ek toe in my loopbaan was, was ek nie reg nie. En selfs meer belangrik, my gesin was nie.

“Ek wou die ondervinding wat ek hier in Engeland opgedoen het, terugbring.

“Maar ongelukkig, waar ek toe in my loopbaan was, was ek nie reg nie. En selfs meer belangrik, my gesin was nie. Dit was ’n familiebesluit,” sê Johnson, wat vir Wasps ook haker gespeel het.

White, die Bulle se nuwe direkteur van rugby, het dié week wel daarin geslaag om een van Johnson se Wasps-spanmaats, die Bok-losvoorspeler Nizaam Carr, Loftus toe te lok.

Johnson was wel opgewonde daaroor dat White in sy dienste belang ­gestel het, veral omdat hy ook ’n mentorskaprol in die Jakarandastad sou kon vervul.

“Daar is so baie jong outjies wat deurkom by die Bulle, en Jake sit met ’n goeie afrigtingspan. Ek is seker hulle gaan goed vaar en ek wens hulle alles van die beste toe vir volgende jaar in die Superrugby-reeks.”

Johnson, sy vrou, Chrizaan, en sy drie seuns, Jordan (11) en die tweeling, Zachary en Ryhan (7), is baie gelukkig in Coventry.

Hy gaan hom nou op afrigting toespits, maar die voormalige Cheetah wou nog nie uitlap by watter span hy betrokke gaan wees nie.

Johnson verbreek wel nie sy verbintenis met Suid-Afrika nie. Hy en ’n paar ander sportbekendes span kragte saam om ’n welwillendheidsorganisasie op die been te bring.

“Ek, Juan de Jongh (voormalige Springbok-senter), Cornal Hendricks (voormalige Springbok-vleuel) en Vernon Philander (Protea-krieketspeler) is besig om die Tutu Tigers in samewerking met die Tygerberg-kinderhospitaaltrust te stig.

“Ons stel dit op Jeugdag (Dinsdag, 16 Junie) bekend.”

Johnson, De Jongh, Hendricks en Philander wil graag die jeug help en terugploeg in die gemeenskap, en met die Tutu Tigers kry hulle die kans om dit te doen.

“Ek is baie opgewonde oor die projek en bevoorreg om deel daarvan te kan wees.”

Meer oor:  Ashley Johnson  |  Jake White  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.