Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Auckland-inperking laat Blues
Die All Black Beauden Barrett neem ’n selfie saam met ondersteuners ná die Blues se ontmoeting met die Hurricanes in die Aotearoa-reeks op Eden Park. Foto: Getty Images

Sondag se gekanselleerde Aotearoa-kragmeting tussen die Blues en die Crusaders is ’n groot finansiële slag vir die franchise van Auckland, wat glo ’n verlies van sowat N$2 miljoen kan ly.

Dít bring mee dat die Blues die geldjaar in die rooi sal afsluit, het die span se uitvoerende hoof, Andrew Hore, Vrydag gesê.

’n Volgepakte Eden Park het Sondag op die Crusaders gewag, met 43 236 kaartjies wat al vroeg in die week vir die kragmeting uitverkoop is.

Die Nieu-Seelandse regering het egter Vrydag bevestig dat Auckland tot 26 Augustus in vlak 3 van inperking sal wees. Volgens Nieu-Seeland se inperkingsvlakke beteken dit daar mag nie samekomste van meer as tien mense wees nie.

Auckland is Woensdag weer ingeperk nadat daar vandeesweek nuwe Covid-19-gevalle in Nieu-Seeland se grootste stad aangemeld is.

Dit kom meer as 100 dae sedert die laaste Kiwi positief getoets is vir dié virus.

Dit het Nieu-Seeland Rugbyunie (NZR) met geen ander keuse gelaat as om die laaste wedstryd in die plaaslike Superreeks af te las nie.

Albei spanne kry twee ligapunte (die Crusaders is reeds verlede naweek as die kampioen gekroon) en die Blues sê ondersteuners sal so gou moontlik vergoed word vir die kaartjies wat hulle gekoop het.

Die ander Aotearoa-wedstryd – tussen die Highlanders en die Hurricanes in Dunedin – sal steeds Saterdag beslis word, maar sonder toeskouers.

Die afskoptyd is na 15:05 vervroeg sodat die Hurricanes onmiddellik ná die wedstryd na Wellington kan terugkeer.

Hore het gesê dit is moeilik om nie verpletter te voel nie oor die jongste verwikkeling in ’n rugbyjaar wat sover ’n totale misoes is weens die pandemie.

Hy wou nie die verlies van na aan N$2 miljoen bevestig nie, maar het aangedui die bedrag is “beduidend”.

“Ons is baie teleurgesteld. Die ondersteuning was ongelooflik sover en ons is so dankbaar daaroor.

“Die ondersteuners was werklik wonderlik en dit was ’n enorme terugslag toe ons die nuus hoor (van Auckland se inperking).

“Dit is omvangryk. Ons het ons een oog op volgende jaar en die onsekerheid wat dit bring.

“Daar is ook 3 000 werknemers by die stadion wat geraak word, al die kuierplekke en restaurante.

“Die enorme uitwerking wat dit op die Blues het, het ook ’n uitkring-effek op die gemeenskap.”

Hore het gesê die Blues was goed op koers na ’n bywoningsyfer van 147 000 ondersteuners vir die span se vier tuiswedstryde, totdat hulle Vrydag die slegte tyding gekry het. – Reuters, stuff.co.nz

Meer oor:  Auckland  |  Nieu-Seeland  |  Covid-19  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.