Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Aussie Angus blaas 2 Bok-toetse

Die Australiese skeidsregter Angus Gardner sal twee van die Springbokke se ses toetse in vanjaar se Rugbykampioenskapsreeks behartig.

Jerome Garces kry verlede jaar vir Pieter-Steph du Toit voor stok by die Bokke se wedstryd in die Rugbykampioenskap teen Nieu-Seeland. Foto: Gallo Images

Wêreldrugby het Donderdag die skeidsregters vir dié reeks bekend gemaak.

Gardner sal die Bokke se toets teen Argentinië op 25 Augustus in Mendoza behartig en ook die fluitjie blaas wanneer Suid-Afrika en Nieu-Seeland op 6 Oktober in Pretoria die tweede keer kragte meet.

Angus Gardner sal twee van die Bokke se ses Rugbykampioenskapstoetse behartig. Foto: Gallo Images

Die Nieu-Seelander Ben O’Keeffe sal op 18 Augustus die skeidsregter wees vir die Bokke se eerste toets van die reeks teen die Poemas in Durban. O’Keeffe was die skeidsregter in die eerste toets vanjaar teen Engeland op Ellispark.

Nóg ’n Kiwi, Glen Jackson, sal die blaser wees wanneer Suid-Afrika en Australië mekaar op 8 September in Brisbane pak.

Die ervare Wallieser Nigel Owens sal die fluitjie blaas wanneer die Bokke en die All Blacks mekaar op 15 September in Wellington die stryd aansê.

Jerome Garces van Frankryk beheer op 29 September die tweede toets tussen die Bokke en die Wallabies in Port Elizabeth.

Die Suid-Afrikaanse blaser Jaco Peyper sal ook twee wedstryde in die Rugbykampioenskap behartig.

Hy is as die blaser aangestel vir die eerste toets op van die reeks tussen Australië en Nieu-Seeland op 18 Augustus in Sydney.

Peyper sal ook die fluitjie vashou wanneer die Poemas en die Wallabies op 6 Oktober in Salta kragte meet.

Die skeidsregters vir die ander Rugbykampioenskapswedstryde:
Nieu-Seeland t. Australië, 25 Augustus, Auckland: Wayne Barnes (Eng); Nieu-Seeland t. Argentinië, 8 September, Nelson: Pascal Gauzere (Fr); Australië t. Argentinië, 15 September, Goudkus, John Lacey (Ier); Argentinië t. Nieu-Seeland, 29 September, Buenos Aires: Mathieu Raynal (Fr).


Meer oor:  Suid-Afrika  |  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Jaco Peyper  |  Angus Gardner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.