Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Aussie-haker wou nie sy nommer gee
Tatafu Polota-Nau is terug by die Wallabies nadat hy gedink het die gordyn het reeds oor sy toetsloopbaan gesak.Foto: Getty Images

Tatafu Polota-Nau het gedink hy het die kloue van Michael Cheika vrygespring.

Maar die Wallaby-afrigter se onderhandelingsvaardighede is nog skerp en hy het dié deurwinterde haker, wat sy rugby in die Engelse Premierliga speel, uit die bloute teruggelok vir deelname aan ’n moontlike derde Wêreldbeker-toernooi, berig rugbypass.com.

“Ek is nogal geskok om weer hier te wees,” het die veteraan, met 89 toetse op sy kerfstok, gesê voor ’n moontlike terugkeer in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen Argentinië in Brisbane.

“Ek was op ’n goeie plek by Leicester in die voorseisoen en skielik lui my foon,” het die 33-jarige Polota-Nau gesê.

“Min het ek geweet Michael Cheika het my nommer in Brittanje opgespoor – ek het dit nooit vir hom gegee en wou dit nie vir hom gee nie, maar hy het dit op ’n manier gekry.

Min het ek geweet Michael Cheika het my nommer in Brittanje opgespoor – ek het dit nooit vir hom gegee en wou dit nie vir hom gee nie, maar hy het dit op ’n manier gekry.
Tatafu Polota-Nau

“Hy het gevra of ek saamkom (WB-toernooi toe) en ek het gesê ‘sekerlik hoekom nie, ek sal dit nog ’n laaste probeerslag gee’.”

Polota-Nau het erken hy was nie gelukkig met wat hy verlede jaar gedog het sy swanesang vir die Wallabies was nie, en dit het oortuiging van die afrigter geverg om hom weer te betrek.

“Verlede seisoen het op ’n suur noot geëindig . . . ek het gedink dit was my laaste toetse vir die Wallabies,” het hy gesê.

“Ek het nie meer die uithouvermoë van vroeër gehad nie, maar dit was omdat my voorbereiding nie van die beste was nie.

“Van my kant af wil ek net sien of ek nog op hierdie vlak kan speel . . . ek wil hierdie ouens (jonger hakers) ’n bietjie laat sweet.”

Die Wallabies is onoorwonne in hul laaste vyf toetse in Brisbane, maar kon net twee van hulle laaste sewe Rugbykampioenskapstoetse wen. – Sportredaksie

Rugbykampioenskap: Puntelys

Meer oor:  Tatafu Polota-Nau  |  Michael Cheika  |  Australie  |  Rugbykampioenskap  |  Wallabies  |  Haker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.