Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbybaas se salaris met 65% gesny

Raelene Castle, grootbaas van Rugby Australië (RA), sal ’n salarisvermindering van 65% aanvaar, dieselfde hoeveelheid wat sy van dié land se beroepspelers verwag.

Castle blyk desperaat te wees om ’n dooie punt in onderhandelinge te oorkom ten einde die beleërde sport deur die volgende ses maande van die Covid-19-krisis te dra.

Rugby365 berig dit sal Castle se jaarlikse salaris – wat tel onder die laagste van Australië se grootste beroepsporte – van $815 000 na $285 250 verminder.

Raelene Castle / Foto: Getty Images

Die besnoeiing geld “totdat die spel weer gesond is”.

Sy het ’n paar weke gelede reeds ’n salarisvermindering van 50% aanvaar. Castle het dit destyds beskryf as ’n teken van watter rigting sy voel die spel moet inslaan.

Maar ná samesprekings die afgelope week met onder andere Australië se Spelersvereniging oor ’n nuwe betalingsooreenkoms as noodmaatreël weens die pandemie se impak, sê Castle ’n vermindering van nog 15% van haar salaris “is die regte ding om te doen”.

“Die onderhandelinge en die werk die afgelope week het my laat besluit om ’n bykomende 15% te aanvaar,” sê sy.

“80% van die sport se inkomste is oornag afgeskakel en ek het gevoel ’n salarisvermindering van 50% was die beste wat ek kon doen om die sport in hierdie ongekende situasie te lei. Maar ná nog ’n paar weke se werk besef ek die regte syfer is 65%.

“Dit is die regte ding om te doen. Ek het die besluit geneem en aan die uitvoerende raad voorgestel omdat ons werklike taai tye ervaar en sulke besluite geneem moet word.

“Soos almal in die sport wat opofferings en moeilike besluite moet neem, is ek geensins anders nie.”

Castle maak dieselfde opoffering wat RA van die sport se 192 beroepspelers verwag. Die salarisbesnoeiings sal geld tot einde September.

Die betrokke partye was veronderstel om Donderdag voor die begin van die Paasnaweek te ontmoet om ’n ooreenkoms te bereik, maar met een van die direkteure wat deur siekte platgetrek is, word die vergadering tot Saterdag uitgestel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Ar  |  Toetsrugby  |  Superrugby  |  Raelene Castle  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.