Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Aussie-sewesspelers toets negatief
Twee Australiese sewesrugbyspelers omhels mekaar vroeër die maand by die Vancouver-sewestoernooi. Foto: Getty Images

Die twee spelers van Australië se sewesrugbyspan wat vir die koronavirus (Covid-19) getoets is, se toetsresultate is negatief.

Rugby Australië (RA) het dit Woensdag in ’n verklaring bekend gemaak.

“Daar is nie enige bekommernis vir enige ander lede van die program nie, en die spanne sal Donderdag hul oefenprogram hervat by RA se hoofkwartier,” luidens die verklaring.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het Maandag in ’n verklaring gesê dat die Blitsbokke vir die virus getoets word omdat hulle in kontak met die twee Aussies was.

Die Blitse het verlede week na Suid-Afrika teruggekeer nadat hulle aan toernooie van die Wêreldreeks in Los Angeles en Vancouver deelgeneem het. – Sportredaksie

Meer oor:  Australie  |  Negatief  |  Toets  |  Ra  |  Saru  |  Rugby  |  Sewesrugby  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.