Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Aussies gee Rodda ook trekpas
Izack Rodda rank om ’n lynstaanbal by te kom in ’n kragmeting tussen die Wallabies en All Blacks in 2019 op Eden Park in Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Die Wallaby Izack Rodda is ook nou sy kontrak met Rugby Australië (RA) kwyt oor sy weiering om weens die Covid-19-pandemie ’n salarisvermindering te aanvaar.

Die 23-jarige Rodda, ’n slot, is die afgelope week deur sy franchise, die Reds, saam met twee ander spanmaats, Isaac Lucas en Harry Hockings, om dieselfde rede die deur gewys. Nou het RA ook besluit dat hy nie langer in Rodda belangstel nie en het sy kontrak ook opgeskeur.

RA en die Aussies se spelersvereniging het vroeër ooreengekom dat beroepspelers in die land ’n gemiddelde besnoeiing van 60% tot aan die einde van September aanvaar.

Maar Rodda, wat Austrasië reeds in 25 toetse verteenwoordig het, kon hom nie hiermee versoen nie. Die Sydney Morning Herald berig dat die drietal glo hul heil in Japan wil gaan soek. Maar dit blyk dat hul onbereidwilligheid nie net vergeet gaan word nie.

RA se waarnemende uitvoerende hoof, Rob Clarke, het hom sterk uitgespreek teen die drie se optrede.

“Dit is hul besluit as hulle oorsee wil gaan. Daar is tans geen opsie vir hulle in Australië nie. Ons moet almal saamleef met die gevolge van ons besluite.

“Ek gaan nie namens daardie spelers praat nie, hulle kan dit self doen. My werk is om die spel te beskerm en om ’n fondament vir die toekoms te bou,” sê Clarke volgens dié koerant.

Weens die Covid-19-pandemie sukkel RA om kop bo water te hou en het 75% van sy personeel ontslaan in ’n poging om koste te bespaar. – Sportredaksie

Meer oor:  Reds  |  Salarisverminderings  |  Izack Rodda  |  Wallabies  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.