Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Australiese sewestoernooi kry nuwe tuiste

Die Australiese been van Wêreldrugby se sewesreeks sal vanaf 2020 ’n nuwe tuiste kry.

Die Bankwest-stadion. Foto: Getty Images

Rugby Australië (RA) het Maandag in ’n verklaring bekend gemaak dat die toernooi voortaan in die Bankwest-stadion in Parramatta beslis sal word.

Dié stadion, wat vroeg in 2019 geopen is en sitplek vir 30 000 toeskouers het, vervang die Sydney-skouterrein-stadion as gasheer, waar die toernooi in 2019 gehou is.

Voor dit was die Sydney-voetbalstadion tussen 2016 en 2018 die tuiste vir die Australiese been van die sewesreeks.

Raelene Castle, uitvoerende hoof van RA, sê die stap is deel daarvan om as ’n toonvenster vir die toernooi, wat op 1 en 2 Februarie beslis word, te dien.

“Die ervaring vir toeskouers in die Bankwest-stadion is niks minder as wêreldklas nie, en dit sal die byeenkoms na ’n hoër vlak neem.

“Volgende jaar is ’n groot jaar vir sewesrugby met die Olimpiese Spele wat ook beslis word, en diegene wat in Februarie die toernooi besoek, sal uitvind hoekom dit een van die sportsoorte is wat die vinnigste groei,” sê Castle.

* Nieu-Seeland het vanjaar se sewestoernooi in Sydney gewen toe hy Amerika in die eindstryd met 21-5 geklop het. – Sportredaksie

Meer oor:  Sewesreeks  |  Sewes  |  Rugby Australia  |  Raelene Castle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.