Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Baai waai Berton na Kimberley
Berton Klaasen in aksie vir die Southern Kings in ’n Pro14-wedstryd in 2018 in Port Elizabeth. Foto: Gallo Images

Toe die winde van verandering in 2019 in Port Elizabeth waai en die Southern Kings se rugbyspan ’n nuwe afrigtingspan gekry het, moes die senter Berton Klaasen vinnig uitvind dat hy nie deel van die planne vir die toekoms is nie.

Die 30-jarige Klaasen, ’n boorling van Somerset-Wes, moes toe maar koers verander en het nou ’n tuiste by Griekwas gevind. Die Poubloues sal in hul noppies met sy koms wees, aangesien hy ervaring het van die Superrugby- en dié Pro14-reeks.

“Ek was omtrent so twee en ’n half jaar by die Kings. Dit was ’n ongelooflike ervaring waarin ek kon reis en lekker rugby speel. Ek het my tyd in Port Elizabeth geniet.

Ek het meer as 50 wedstryde vir die Kings gespeel, so wil net help waar ek kan by Griekwas – maar ek wil ook meer leer.
Berton Klaasen

“Ek is baie dank verskuldig aan Deon Davids (die Kings se vorige breier en tans Springbok-hulpafrigter) en die ander personeel by die Kings. Ek het meer as 50 wedstryde vir die Kings gespeel, so wil net help waar ek kan by Griekwas – maar ek wil ook meer leer,” sê Klaasen.

“Aan die begin was dit ’n groot aanpassing hier in Kimberley, maar ek het baie gou besef dat die ouens baie professioneel en hardwerkend is. Ek geniet dit baie. Aan die begin was die hitte ’n bietjie erg, maar dis nou baie lekker.”

Klaasen sal darem nie te eensaam in die Diamantstad wees nie, aangesien Harlon Klaasen, ’n veelsydige agterspeler wat in baie wedstryde vir die Kings sy sentermaat was, ook binnekort soontoe verhuis.

Harlon Klaasen

“Ek en Harlon is baie goeie vriende. Baie mense dink ons is familie, maar ons is nie. Ek en hy het ’n paar lekker wedstryde saamgespeel.

“Ons is gereeld in kontak, hy is tans in Frankryk, maar ek bel hom minstens een keer per week. Ek sien daarna uit dat hy hom ook later by Griekwas aansluit,” sê Klaasen.

Vra jy vir Vuyo Zangqa, ’n voormalige Blitsbok en tans hulpafrigter van die Kings, uit oor Klaasen, vertel hy jou eerstens watter aangename mens hy is. In die Kings se laaste seisoen in die Superreeks, in 2017, was Zangqa die span se agterlynafrigter.

“Maar op die veld is hy hard en dominerend en weet hy wat hy wil bereik. Hy is iemand wat gedurig opsies opweeg en dink wat die uitkoms van sekere dinge sal wees. Hy is ’n goeie verdediger, wat ook sterk op die aanval is,” sê Zangqa.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Kimberley  |  Pro14  |  Poubloues  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby  |  Senter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.