Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Baas Naas rig nou Indië se rugbyspan af

Naas Botha wil Indië se rugbyspan skop gee nadat hy onlangs as dié land se nasionale afrigter aangewys is.

Hy het hul nasionale span reeds dié week onder hande begin neem ter voorbereiding van hul toets op 28 April teen Indonesië in Bandar Seri Begawan. China is op 4 Mei in Bandar Seri Begawan Indië se volgende teenstander in die Asiese Rugbykampioenskap.

Die Suid-Afrikaanse geur agter Indiese rugby. Jannie Brooks, die kondisioneringsafrigter, Botha, Ludwiche van Deventer, die agterlynafrigter, en Christiaan Buitendach, Indië se voorspeler-afrigter.

Die voormalige skopkoning van die Springbokke en Blou Bulle is nie al Suid-Afrikaner met die taak om Indië se rugbyspan op die wêreldkaart te plaas nie. Al is Indië eerder as ’n krieketland bekend, het hy meer as 800 skole wat rugby speel.

Botha het Jannie Brooks, voormalige haker van die Blou Bulle en Bokke, en Chris Buitendach, oud-Bul-afrigter, saamgevat. Ludwiche van Deventer is die afrigter van agterspel.

Brooks is verantwoordelik vir die krag en fiksheid van Indië, terwyl Buitendach se ervaring en tegniese kennis hopelik ’n wenresep saam met Botha sal vorm.

Indië het maar eers in 2001 ’n lid van die ou Internasionale Rugbyraad geword nadat die nasionale span sy eerste verskyning in 1998 gemaak het. Hoewel die span die afgelope dekade daarna gestreef het om vir die Wêreldbeker te kwalifiseer, kon Indië nog nie werklik ’n impak in die kwalifiserende fases maak nie.

Naas Botha
Nie bang vir nuwe avonture: Botha in sy gridiron-dae.

Volgens die webwerf Indian Rugby beskik die land oor sowat 3 800 mans en sowat 1 300 vroue wat rugby speel.

Die webwerf verwys ook na sy Suid-Afrikaanse afrigtingspan as The Dream Team.

Indië, met sy bevolking van meer as 1,3 miljard, word as ’n onontginde mark vir die spel beskou.

Vroeër het die Web Ellis-trofee ’n draai in Indië gemaak om voorbrand te maak vir die komende Wêreldbekertoernooi.

’n Woordvoerder van SuperSport het aan Rapport bevestig die 61-jarige Botha, wat deesdae in Bloemfontein woon, bly as een van hul spesialis-ontleders aan. Botha se verpligtinge in Indië sal volgens SuperSport nie inmeng nie.

Botha was vroeër by Tukkies as afrigter betrokke en was in 2002 die spanbestuurder van die Junior Bokke wat met Jake White as afrigter die Wêreldbekertoernooi gewen het. Hy was ook ’n ruk lank die Valke-unie se direkteur van rugby.

Meer oor:  Naas Botha  |  Indië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.